Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Mashatile ontken bestaan van verslag
Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC.Foto: News24

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, hou voet by stuk dat daar geen verslag bestaan van dié party se integriteitskomitee nie, terwyl George Mashamba, voorsitter van die komitee, sê dit is aan die top-ses oorhandig.

Die komitee is deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee aangesê om die party se lys van nasionale en provinsiale kandidate te hersien.

Mashamba het vroeër vandeesweek aan News24 gesê die komitee het die proses afgehandel en sy verslag aan die top-ses van die party oorhandig.

Maar Mashatile, wat Donderdag besig was met ’n deur-tot-deur verkiesingsveldtog in Kagiso in die weste van Johannesburg, sê die top-ses weet niks van enige verslag nie.

“Wat die top-ses betref, is daar geen verslag nie. Ons sal dit hanteer wanneer ons daarmee te doen kry. Amptelik het ons geen verslag nie. Ek dink dit is iets waaraan hulle gewerk het, wat uitgelek het.”

Dié ontkenning van Mashatile kom nadat ook Dakota Legoete, nasionale woordvoerder van die ANC, aan joernaliste gesê het die top-ses bestudeer die verslag, maar het dit nog nie bespreek nie.

City Press het vroeër berig adj.pres. David Mabuza en Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, word in die verslag geïmpliseer.

Bronne in die ANC het aan News24 gesê die nasionale uitvoerende komitee sal nie die verslag aanvaar nie, al het leiers soos Mantashe self en Fikile Mbalula, die party se verkiesingshoof, vroeër gesê die verslag sal bindend wees.

Op ’n vraag oor die ANC se begroting vir die verkiesing het Mashatile geantwoord die party se finansies is stabiel. “Ons is piekfyn. Ons kan t-hemde vir ons vrywilligers en ondersteuners kry. Ons kan ons plakkate en advertensieborde kry. So ons is piekfyn.”

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Paul Mashatile  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.