Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Mbeki: ANC moet nou sê oor kieslyste

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee sal gedwing word om te reageer op die integriteitskomitee se verslag rakende die party se nasionale en provinsiale lyste, het oudpresident Thabo Mbeki gesê.

Mbeki, wat pres. Cyril Ramaphosa se kandidaatskap as ANC-leier ondersteun het, het met joernaliste gepraat by die ANC se stalletjie by die Randse skou in Nasrec, Johannesburg. Mbeki het gesê die ANC het sy foute van die verlede erken, en dat dit duidelik uit sy 2019-verkiesingsmanifesto blyk.

“Daar is ’n gedeelte van die manifesto waarin die ANC praat oor hoe die party baie foute gemaak het, afgedwaal het en wat die gevolge daarvan is. Die gevolge sluit in korrupsie, verlies aan integriteit en wetteloosheid. Dit was baie belangrik dat die ANC vir die mense van Suid-Afrika sê ons erken hierdie dinge.”

Daar is ’n gedeelte van die manifesto waarin die ANC praat oor hoe die party baie foute gemaak het, afgedwaal het en wat die gevolge daarvan is. Die gevolge sluit in korrupsie, verlies aan integriteit en wetteloosheid.

Mbeki sê dit was reg dat ANC-veterane hul bekommernisse oor die party se omstrede lys gelug het. Mbeki ondersteun ook die party se besluit om sy nasionale en provinsiale kieslyste aan die integriteitskomitee te oorhandig en dat die komitee se standpunte oor die lys nie geheim gehou sal word nie.

Thabo Mbeki
Thabo Mbeki
News24

“Indien die komitee sê Mbeki is nie geskik om die ANC in die parlement te verteenwoordig nie, is dit ’n standpunt teenoor die ANC se nasionale uitvoerende komitee, asook die mense van Suid-Afrika.”

Mbeki het voorts gesê kwessies oor die lys is nog nie afgehandel nie, selfs nie wat betref die ANC-leierskap nie. “Ons sal moet sien wat gebeur, want die ANC se uitvoerende komitee moet nog reageer op wat die integriteitskomitee sê omdat hulle die komitee gevra het om die kwessie te bekyk. Die ANC tree konsekwent op.”

Die integriteitskomitee het sy verslag twee weke gelede voltooi en dit aan die ANC se topses oorhandig.

City Press het berig van die name wat in die verslag genoem word, sluit in die party se adjunkpresident David Mabuza en voorsitter Gwede Mantashe.

Sommige lede van die nasionale uitvoerende komitee meen dit is onwaarskynlik dat die komitee die verslag sal aanvaar.

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Anc  |  Thabo Mbeki
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.