Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Mej. Planeet stem 1ste keer

Monique Best (19), Mej. Junior Tiener Suid-Afrika 2017, wat op 1 Maart in Kambodja as Mej. Planeet 2019 gekroon is, het Woensdag die eerste keer gaan stem.

Monique, kompleet met haar Mej. Planeet-lyfband en geklee in ’n stylvolle swart baadjie, wit hemp, grys broek en wit tekkies, het by die NG kerk Blanco in haar tuisdorp, George, gestem.

Monique Best van George, wat op 1 Maart in Kambodja as Mej. Planeet 2019 gekroon is, kon Woensdag die eerste keer stem.

Sy is soos Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal, ’n oudleerling aan die Hoërskool Outeniqua in George (Kwaggas).

Sy sê dit is belangrik om te stem vir die toekoms van die land.

“Dit is in ons hande om ’n verskil te maak. Almal wil in vryheid leef sonder vrees.”

Monique het 39 ander deelnemers uitgestof in die Mej. Planeet-kompetisie, en ’n dag daarna, op 2 Maart, haar 19de verjaardag gevier.

Sy het George op 17 Maart die eerste keer sedert haar kroning besoek. As Mej. Planeet is Monique betrokke by projekte om die planeet te bewaar.

Sy geniet ’n ruskans in haar tuisdorp, sê Celeste Best, haar ma.

As deel van haar verpligtinge as Mej. Planeet bring Monique baie tyd in Johannesburg deur.

Meer oor:  George  |  Verkiesing 2019  |  Stemdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.