Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Mense wat glo 2 keer probeer stem van die OVK se probleme

Vyf stemlokale wat Woensdagmiddag teen 17:00 nog nie geopen het nie en mense wat glo die ink van hul duime afgekrap en by ander stempunte probeer stem het, is van die probleme waarmee die Verkiesingskommissie (OVK) te kampe gehad het.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die OVK, het Woensdag op ’n mediakonferensie in die uitslagsentrum in Pretoria uitgebrei oor probleme waarmee hulle te doen het.

Die EFF het vroeër die dag in ’n verklaring teen die ANC te velde getrek oor van sy lede in Noordwes wat glo twee keer probeer stem het.

“Die mense het die ink op hul duime verwyder en dan na ’n ander stempunt gegaan om weer te stem,” het Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF, gesê.

Dit is bedrog om twee keer te stem en ’n oortreding wat die OVK nie kan toelaat nie, sê Mamabolo.

Masego Shiburi, adjunkhoofkiesbeampte van die OVK, het gesê ondanks pogings van veiligheidsagentskappe, regeringsverteenwoordigers en die OVK kon hulle nie daarin slaag om die vyf stemlokale te open waar onrus uitgebreek het nie.

Drie van die vyf lokale is in die Inkosi Langalibalele-munisipaliteit in KwaZulu-Natal en twee in die Oos-Kaap, naamlik in die Buffalo City-metro en in die Ntabankulu-munisipaliteit.

Prof. Shadrack Gutto, ’n grondwetkenner, sê die OVK behoort die kiesers in die gebiede van dié vyf stemlokale Donderdagoggend te laat stem.

Lawson Naidoo, uitvoerende sekretaris van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac), sê dit is ’n baie ernstige kwessie.

“Die OVK moet voorsiening daarvoor maak dat die kiesers hul grondwetlike reg kan uitoefen om te stem. Selfs al beteken dit dat hulle dit môreoggend (Donderdagoggend) moet doen.”

Meer oor:  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.