Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Moenie dat Cyril se ‘gekoer’ jou flous – Steenhuisen

Pres. Cyril Ramaphosa se toespraak Dinsdag voor boere, sakelui en akademici in Stellenbosch was ’n skaamtelose sjarme-offensief, het die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, gesê.

Hy het gesê die president se uitsprake op hierdie byeenkoms oor grondonteiening sonder vergoeding het weer gewys hoe hy sy beginsels aanpas afhangende van die gehoor wat hy toespreek.

John Steenhuisen. Foto: Mlungisi Louw

Ramaphosa het gesê grondhervorming sal “ingevolge die oppergesag van die reg en die Grondwet” geskied.

Steenhuisen het gesê terselfdertyd is Ramaphosa en die ANC die grootste voorstanders van die wysiging van Artikel 25 van die einste Grondwet om voorsiening vir die onteiening van grond sonder vergoeding te maak.

Volgens hom stem die president se oggend- en aandpraatjies nie ooreen nie.

Steenhuisen het gesê Ramaphosa het ook gekoer oor die belangrike rol wat “wit Suid-Afrikaners” in die land speel en gevra dat hulle nie die land verlaat nie.

Dit kom nadat Ramaphosa in die parlement gesê het “om wit te wees beteken dat jy die apartheidsregime ondersteun het”.

Die “wit Suid-Afrikaners” by wie die president die laaste tyd so skaamteloos vlerksleep, sal onthou dat Ramaphosa nie ’n enkele van die agt mosies van wantroue teen oudpres. Jacob Zuma gesteun het nie. Hy het nie ’n vinger gelig om staatskaping deur die Guptas te beveg nie en het Zuma in die Nkandla-skandaal gesteun.

Volgens hom was Ramaphosa ook stil oor die plundering van VBS Bank.

Ramaphosa se uitsprake oor korrupsie en sy onderneming om “skoon te maak” is volgens Steenhuisen lagwekkend.

Die waarheid is dat Ramaphosa beheer oor die ANC verloor het.

“Die hoof van die regerende party is nie Cyril Ramaphosa nie, dis Ace Magashule.”

Ramaphosa is bloot die masker, met Magashule en David Mabuza wat die toutjies trek, het Steenhuisen gesê.

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  John Steenhuisen  |  Stellenbosch  |  Politiek  |  Verkiesing 2019  |  Da  |  Toespraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.