Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Mooipraatjies sal nie emigrasie keer – AfriForum

Mooi verkiesingspraatjies is nie genoeg om mense daarvan te oortuig dat hulle ’n volhoubare toekoms in die land het en dus hier moet bly nie.

Só sê Alana Bailey, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se pleidooi dat jong Suid-Afrikaners nie die land moet verlaat nie.

Alana Bailey. Foto: Nico Gous

Volgens haar is die tyd toe mooi beloftes genoeg was, lankal verby. “Mense sal wag vir konkrete bewyse voordat hul vertroue in Suid-Afrika enigsins herstel sal word.”

Bailey sê as die president ernstig is om emigrasie te keer of om te keer, is dít waar hy moet begin.

Sy sê AfriForum is al sedert sy ontstaan met Suid-Afrikaners in die buiteland in verbinding.

Die meeste van hulle wat op dié organisasie se peilings reageer, droom daarvan om na die land terug te keer. Na aanleiding van die gebeure hier meen hulle egter nie dat dit ’n sinvolle opsie is nie, sê Bailey.

Sy sê misdaad, onsekerheid oor eiendomsreg, loopbaangeleenthede, rassekwotas, kaderontplooiing, tenderpreneurs en die vernietiging van sakegeleenthede is van die kwessies wat tans swaar weeg wanneer mense besluit om te emigreer of om na Suid-Afrika terug te keer.

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, sê die president se oggend- en aandpraatjies stem nie ooreen nie.

Hy sê Ramaphosa het ’n beroep gedoen op wit Suid-Afrikaners om nie die land te verlaat nie en “gekoer” oor die belangrike rol wat hulle in die land speel.

John Steenhuisen. Foto: Lindile Mbontsi

Máár die president het vroeër in die parlement gesê “om wit te wees beteken dat jy die apartheid-regime ondersteun het”.

Steenhuisen sê Ramaphosa se vergaderings met boere, sakelui en akademici in Stellenbosch was ’n skaamtelose sjarme-offensief.

“Sy uitsprake op hierdie byeenkoms oor grondonteiening sonder vergoeding het weer gewys hoe die president sy beginsels aanpas afhangende van die gehoor wat hy toespreek.”

Meer oor:  Afriforum  |  Cyril Ramaphosa  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.