Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Motlanthe staan tou, want ‘dis die regte ding om te doen’

Kgalema Motlanthe, voormalige president, het soos menige Suid-Afrikaners Woensdag in ’n lang tou gestaan en sy beurt afgewag om te stem, want “dit is die regte ding om te doen”.

Motlanthe het by die Killarney-buiteklub gestem.

Oudpres. Kgalema Motlanthe Foto: Rapula Mancai

“As jy op stemdag voor in die tou wil indruk, wat verhoed jou om dit in ander opsigte ook te doen? So dit is die regte ding om te doen,” het Motlanthe gesê.

Motlanthe het alle Suid-Afrikaners aangemoedig om hul reg om te stem uit te oefen. Hy sê om te stem, is nie soos ’n besoek aan die tandarts nie.

“Die reg om te stem het duur gekos. Dit is ’n reg wat mense moet gebruik en waarde aan heg. As jy dit nie doen nie, sal diegene wat wel stem die land se toekoms bepaal.

“Dit is die sesde keer dat ek stem en dit voel fantasties.”

Motlanthe is bly oor die 48 partye wat geregistreer is om te stem. Hy meen dit beteken meer mense het vertroue in die stelsel.

“Vir diegene wat nog nie gestem het nie, dit is glad nie so pynlik as wanneer jy na die tandarts toe gaan nie.”

Motlanthe, wie se vrou, Gugu, saam met hom in die tou gestaan het, is vol vertroue die ANC gaan die verkiesing wen.

Volgens Motlanthe het die party hard gewerk om ’n meerderheid stemme in Gauteng te kry. Hy sê ’n koalisie is nie deel van die ANC se planne nie.

“As dit gebeur, sal ons dit dan aanpak, maar vir nou glo ek die ANC gaan wen.

“Die leierskap besef dit is hul laaste kans en daarom het ek geen twyfel daaraan dat daar ná die verkiesing aandag gegee gaan word aan al die party se swakpunte nie.”

Parks Tau, voormalige burgemeester van Johannesburg, het ook by die Killarney-buiteklub gestem. Hy was ook vol selfvertroue dat die ANC in Gauteng gaan wen.

- News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.