Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
N-Kaap sê stemdag sal vreedsaam verloop

Die Noord-Kaapse departement van veiligheidskakeling sê die polisie is gereed om enige gebeurlikheid te hanteer sodat Woensdag se verkiesing vreedsaam verloop.

Lebogang Motlhaping, LUR van vervoer en veiligheidskakeling, sê in ’n verklaring hulle sal verseker dat kiesers veilig en vry voel om hul kruisies te trek.

“Verkiesings is uiters belangrik omdat dit burgers die geleentheid gee om hul demokratiese reg uit te oefen. Kiesers kan die party van hul keuse ondersteun te midde van politieke verdraagsaamheid sonder dat hulle geïntimideer word.”

Die Noord-Kaapse polisie is slaggereed vir enige gebeurlikhede op verkiesingsdag. Foto: Charné Kemp

Dit is volgens hom belangrik dat daar geen ontwrigting is nie. Verkiesingsbeamptes moet ook nie bedreig voel nie.

“Tot nou is geen ernstige voorvalle by ons aangemeld nie. Die wetstoepassingsagentskappe is oral ontplooi om te verseker dat die verkiesing vreedsaam geskied.

“Enige gemeenskappe wat ontevrede met dienslewering is, moet hul kwessies op ’n vreedsame wyse met die betrokke owerhede probeer oplos. Hulle moenie probleme met gewelddadige optrede probeer oplos nie.”

Motlhaping sê hy het vertroue in lt.genl. Peter Shivuri, provinsiale kommissaris se veiligheidsplan.

“Die polisie se bedryfsplan is in werking gestel en dit sal verseker dat die verkiesing glad verloop. Hulle is slaggereed om op enige gebeurlikhede te reageer omdat hulle juis op moontlike brandpunte fokus.”

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Verkiesing2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.