Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Nóg klagte teen Ace kom
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC en voormalige premier van die Vrystaat. Foto: Argief

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gaan nou ook amptelik by die Verkiesingskommissie (OVK) daarvan aangekla word dat hy die land se kieswette oortree het.

Dit kom nadat ’n video op sosiale media die ronde doen waarin Magashule Saterdag R400 kontant aan ’n inwoner van Philippi in Kaapstad in haar woning oorhandig het. Dit terwyl hy en ander ANC-amptenare besig was om stemme in die gebied te werf.

Lees ook: Ace gee R400 toe hy stemme in Kaapstad werf

Mike Moriarty, die DA se hoofverteenwoordiger in die skakelingskomitee van die OVK, het Sondag bevestig dat die DA ’n klag teen Magashule by die OVK sal indien.

“Die DA is van mening dat Magashule se truuk op die koop van stemme neerkom wat ’n skending van klousules in die Kieswet is. Die OVK se gedragskode verbied uitdruklik die gebruik van finansiële aansporing om ’n stem te werf vir ’n politieke party,” het Moriarty gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.