Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Nuut op Netwerk24: Podsendings!
Praat Politiek met Netwerk24 is ’n splinternuwe reeks podsendings met die leiers van verskeie politieke partye.

Sondag moet lesers Netwerk24 fyn dophou wanneer ons eerste podsending beskikbaar gaan wees. Ons skop af met die reeks, Praat Politiek met Netwerk24, wat deur Gert van der Westhuizen, Stemme-redakteur, aangebied word:

Waarom is Suid-Afrikaners só bang vir verandering? Hulle moet vanjaar dapper genoeg wees om 'n einde te maak aan die ANC se bewind van 25 jaar wat die laaste ruk deur korrupsie gekenmerk word.

Aan die woord is Mmusi Maimane, leier van die DA, in die splinternuwe podsendingreeks: Praat Politiek met Netwerk24.

Maimane is Sondag eerste aan die beurt in Netwerk24 se reeks van vier gesprekke met politieke leiers voor vanjaar se verkiesing. Mosiua Lekota, leier van Cope, dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, en Enoch Godongwana, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en voorsitter van dié party se subkomitee oor ekonomiese transformasie, stel in die drie Sondae daarna hul onderskeie partye se saak.

’n Belangrike verkiesing

Elkeen van die leiers vertel onder meer waarom hulle dink vanjaar se verkiesing die belangrikste in Suid-Afrika is sedert 1994.

Hoor ook wat is hul standpunte oor verskeie van die belangrikste kwessies waaraan kiesers in die stemhokkies sal dink; onteiening sonder vergoeding, korrupsie en moontlike koalisies ná die verkiesing.

Maimane is ook gepols oor die binnegevegte in die DA, sy party se standpunt oor swart ekonomiese bemagtiging en die gevoel onder veral Afrikaners dat minderheidsgroepe se regte nie vir die DA belangrik is nie.

Lekota het hom sterk uitgespreek teen onteiening sonder vergoeding en sê dié standpunt sowel as Cope se samewerking met ’n organisasie soos AfriForum is in ooreenstemming met die Vryheidsmanifes se aanhef wat sê Suid-Afrika behoort aan almal wat in die land bly.

Groenewald sê sy party is net só sterk teen onteiening sonder vergoeding gekant. Hy verdedig ook die VF Plus se omstrede slagspreuk, “Slaan Terug”.

Godongwana praat oor die ANC se mikpunt met onteiening sonder vergoeding en sê mense se vrese dat plase beset gaan word en private eiendomsreg in die gedrang is, is ongegrond. Hy antwoord ook op vrae oor wat die ANC doen om korrupsie hok te slaan.

As jy sukkel om te besluit vir wie om op 8 Mei te stem, luister gerus Sondag na Praat Politiek met Netwerk24 wanneer dit op die webtuiste verskyn.

Dalk help dit jou net om uiteindelik te besluit waar om jou kruisie te trek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.