Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Nuwe NV sit dalk op 22 Mei

Die eerste sitting van die Nasionale Vergadering ná volgende week se algemene verkiesing wanneer die nuutverkose LP’s onder meer die president sal verkies, is voorlopig op 22 Mei gebeur.

Die nege provinsiale wetgewers se eerste sittings vind ook op dié dag plaas.

Ingevolge wetgewing moet die twee parlementêre rade – die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies – 14 dae nadat die Verkiesingskommissie (OVK) die verkiesingsuitslae verklaar het, tot stand gebring word.

Dit vind plaas op die eerste sitting van die rade na afloop van die verkiesing.

Planne is reeds in gereedheid vir die presidensiële inhuldiging wat op 25 Mei in die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria sal plaasvind.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng moet ingevolge die Grondwet die tye en datums van die eerste sittings bepaal en as voorsittende beampte oor sleutelaspekte daarvan toesig hou.

“Ná raadpleging tussen die kantoor van die hoofregter en die parlement is die eerste sitting van die NV voorlopig vir 22 Mei gereël. Die hoofregter sal weldra die datum van die eerste sitting amptelik verklaar,” lui ’n verklaring wat Donderdag deur die parlement uitgereik is.

Die hoofregter sal in dié sitting as die voorsittende beampte optree terwyl elke lid van die NV ingehuldig word en trou aan die Grondwet sal bevestig.

Die hoofregter sal ook die voorsittende beampte wees by die verkiesing van die speaker van die NV, wat op sy of haar beurt by die verkiesing van die adjunkspeaker sal waarneem.

Die hoofregter sal hierna as voorsittende beampte by die verkiesing van die president deur die lede van die NV optree. Die president, sodra hy verkies is, is dan nie meer ’n lid van die NV nie en moet binne vyf dae van sy verkiesing sy pos aanvaar. Dit vind plaas wanneer hy of sy op die presidensiële inhuldiging trou en gehoorsaamheid aan die Grondwet sweer en sy getrouheid en gehoorsaamheid aan die Grondwet bevestig.

Planne is reeds in gereedheid vir die presidensiële inhuldiging wat op 25 Mei in die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria sal plaasvind. Die aankondiging oor die samestelling van die kabinet volg gewoonlik kort hierna.

Vir die eerste sitting van die Nasionale Raad van Provinsies om plaas te vind, moet die eerste sittings van elk van die nege provinsiale wetgewers eers plaasvind wat ook voorlopig vir 22 Mei gereël is.

Die hoofregter het die regterpresidente van die afdelings van die hooggeregshof aangewys om as voorsittende beamptes op te tree in die eerste sittings van die provinsiale wetgewers. Die premiers en speakers sal in dié sittings verkies word en die ingehuldiging van die lede van die provinsiale wetgewers sal ook plaasvind.

Wetgewers moet hul permanente afgevaardigdes vir die Nasionale Raad van Provinsies aangewys. Dié parlementêre raad word saamgestel uit tien afgevaardigdes van elke provinsie. Vier van die tien is spesiale afgevaardigdes en ses is permanent.

Politieke partye is geregtig op afgevaardigdes in proporsie tot hul verteenwoordiging.

Die eerste sitting van die Nasionale Raad van Provinsies is voorlopig vir 23 Mei gereël. Die hoofregter sal ook as voorsittende beampte optree by die inswering van lede van die Nasionale Raad van Provinsies, asook oor die verkiesing van die voorsitter. Die voorsitter sal by onder meer die verkiesing van die adjunkvoorsitter en hoofsweep waarneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.