Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
OVK gerat vir verkiesing in Vrystaat en N-Kaap

Die Verkiesingskommissie (OVK) het ’n gereedheidsplan opgestel vir betogings, onweer, beurtkrag en enige ander bedreigings wat die stemproses in die Vrystaat en Noord-Kaap kan kelder.

Daar is ook ’n risiko-ontleding oor moontlike gevaarpunte by die Vrystaat se 1 529 en die Noord-Kaap se 707 stempunte gedoen.

Volgens Kate Bapela, OVK-woordvoerder, is ’n veiligheidsplan met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander departemente saamgestel om die toerusting, kiesers asook die verkiesingspersoneel te beskerm.

“Die OVK is verheug dat die voorbereidings vir die nasionale en provinsiale verkiesings volgens plan verloop.”

Alle stempunte is ook toegerus met kragopwekkers om ’n gladde stemproses te verseker.

Bapela sê beduidende vordering is in terme van die aantal adresse op die kiesersrol gemaak.

Die verkiesing in syfers

* 48 politieke partye neem deel.

* 50 miljoen stembriewe is oor tien dae gedruk.

* 29 000 Suid-Afrikaners sal in die buiteland stem.

* 220 000 mense is vir die verkiesing aangestel en opgelei.

* Die Vrystaatse kiesers maak 5,4% (1 462 537) van die algehele geregistreerde kiesers uit en die Noord-Kaap 2,34% (626 492).

In 2016 is 8,4 miljoen volledige adresse ingesamel en vanjaar is daar sowat 23 miljoen adresse op die rol, sê sy.

“Die kwessie van stemknoeiery, wat moontlik veroorsaak is deur mense wat rondtrek, is ten volle opgelos.”

Thabo Meeko, Vrystaatse ANC-woordvoerder, sê die party is gereed vir die verkiesing.

“Ons glo ons sal die voortou in die Vrystaat neem en voorsien geen krisisse in die stemproses nie.”

Tammy Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse wetgewer,

sê daar is kommer oor hoe die weerstoestande die stempunte kan raak.

“Toe die tente in 2016 in die munisipale distrikte van Phumelela en Maluti-A-Phofung omgewaai het, het ons egter wel bewys dat ons vinnig alternatiewe lokale beskikbaar kan stel.”

Werner Horn, die DA se parlementêre lid vir Mangaung, sê die party is soos ’n resiesperd wat nie kan wag om weg te spring nie.

“Die welkome reën het ’n impak op ons veldtog gehad, maar ons bou stoom op om daarvoor op te maak voordat verkiesingsdag aanbreek.”

Wat die landwye betogings oor dienslewering betref en politieke partye wat mekaar van aanhitsing beskuldig, het hy gevra dat betogers nie in kiesers se pad sal staan om hul kruisies te gaan trek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.