Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
OVK tevrede met ‘vriendelike, opbouende’ gesprek met DA

Die Verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag met die DA-leierskorps vergader om klagtes te bespreek wat die party by die OVK ingedien het.

Die DA het Woensdagoggend ’n klagte teen die ANC by die OVK se hoofkantoor in Centurion ingedien.

Mmusi Maimane, DA-leier, sê die party het bewyse dat die ANC agter die gewelddadige betogings sit wat townships soos Alexandra in Johannesburg en ander plekke in Gauteng ontoeganklik maak.

Die OVK sê in ’n mediaverklaring oor sy vergadering met die DA dis noodsaaklik vir kommunikasie en samewerking in aanloop tot die verkiesing op 8 Mei.

“Ons verwelkom die vriendelike en opbouende gees waarin die vergadering plaasgevind het,” sê Kate Bapela, OVK-woordvoerder.

“Die OVK het aandagtig geluister na die kwessies wat die DA-leiers geopper het en duidelikheid gegee waar bekommernisse uitgespreek is. Waar ons nie saamgestem het oor wetlike kwessies nie, byvoorbeeld rakende die Good-party en die ANC, verwelkom ons die konstruktiewe benadering om duidelikheid van die howe te vra.”

Volgens Bapela is dit belangrik dat die OVK direk reageer op kwessies wat sy belanghebbendes opper, pleks van dit deur die media te doen.

“Ons verstaan die beduidende openbare belang in sulke kwessies, maar doen ook ’n beroep op belanghebbendes, insluitend politieke partye en die media, om wetlike prosesse te respekteer en te wag op die howe se beslissing oor hierdie kwessies.”

Die OVK ontken enige bewerings dat hy bevooroordeeld is of klagtes selektief benader.

Meer oor:  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.