Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
OVK ‘uiters tevrede’ met verloop van stemdag

Ondanks “geïsoleerde gevalle” van gure weer, gemeenskapsonrus, kragonderbrekings en ander logistieke probleme was die Verkiesingskommissie (OVK) Woensdagaand “uiters tevrede” met hoe die stemproses verloop het.

Die OVK het nadat stemlokale gesluit het, ’n verklaring oor die proses uitgereik, maar geen melding gemaak van vyf stempunte – drie in KwaZulu-Natal en twee in die Oos-Kaap – wat teen 17:00 op stemdag glad nie hul deure geopen het nie. Probleme met ’n tekort aan ink by sommige stemlokale is ook glad nie genoem nie.

Suid-Afrikaners het Woensdag vir die sesde keer in die demokratiese era hul kruisies in die nasionale en provinsiale verkiesing getrek.

Die OVK sê benewens die stempunte waar mense nog gewag het om te stem, het ander hul deure toegemaak en het die tellery begin. Vroeër die dag het die OVK aangedui dat alle kiesers wat teen 21:00 nog in die ry was, toegelaat sou word om te stem.

Sterk donderstorms is vroegaand in die Vrystaat aangemeld, waar 16 tydelike stempunte in Mangaung omgewaai is deur sterk wind. Swaar reën het ook ’n impak gehad.

Swaar reën het ook die stemproses in die Nelson Mandelabaai-metro en in Cradock in die Oos-Kaap by meer as 30 tydelike stempunte beïnvloed.

Stemmery is ook ná donker in ’n aantal gebiede in KwaZulu-Natal (Umlazi), Limpopo (Vuwani en Giyani) en Gauteng (dele van Johannesburg) deur kragonderbrekings geraak.

Die rede vir die kragonderbrekings was nie dadelik duidelik nie, maar het vermoedelik voorvalle van kabeldiefstal, onderbrekings wat met die weer verband gehou het, asook ongeskeduleerde onderbrekings ingesluit.

uitslagsentrum, OVK, verkiesing 2019
Die OVK se nasionale uitslagsentrum.

Hoe werk die proses?

* Volgens die OVK vind tellery voor party-agente en waarnemers plaas. Die eerste stap in die proses is om die seëls van die stembusse na te gaan en dit oop te maak.

* Die stembriewe word daarna vergelyk met dié wat uitgereik is; asook met enige oorblywende stembriewe, sowel as dié wat gekanselleer is.

* Stembusse wat spesiale stembriewe bevat, word ook oopgemaak en die inhoud daarvan word geverifieer teen die lys van gemagtigde spesiale kiesers voordat dit by die ander stembriewe gevoeg word.

* Sodra die rekonsiliasie afgehandel is, word die gemerkte stembriewe in hopies gesorteer volgens die party vir wie daar gestem is.

* Dit word in hopies van tien en dan honderde saamgevoeg.

* Stembriewe vir elke party word getel én oorgetel om akkuraatheid te verseker.

* Die uitslae word op duplikaat-uitslagvorms aangebring. Die naam van die stempunt, die getal stembriewe wat uitgereik is, die getal kiesers vir elke party én die getal bedorwe stembriewe word hier aangedui.

* Een uitslagvorm word deur party-agente onderteken, wat aangemoedig word om foto’s daarvan te neem.

* Dié uitslagvorm word daarna op die deur van die stempunt aangebring, terwyl die ander een deur die voorsittende beampte na die plaaslike OVK-kantoor geneem word, waar dit ingeskandeer word.

* Hierdie inligting word dan na die uitslagsentrum gevoer met die gebruik van ’n dubbele vasleggingstelsel om menslike foute te minimaliseer.

* Die uitslae word bekend gemaak sodra dit deur onafhanklike ouditeurs geoudit is.

Meer oor:  Stembriewe  |  Verkiesing2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.