Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Pta-man wat in tou wag en nog een sterf by stempunte

’n Afgetrede man van die weste van Pretoria het nooit die kans gekry om sy laaste kruisie in die sesde demokratiese verkiesing te trek nie.

Dirk Henry Ochse (67) van Elandspoort het Woensdag in die tou by ’n stempunt in dié omgewing gestaan toe hy inmekaargesak het.

Erika Ochse (66) en haar man, Dirk Henry (67). Hy is Woensdag dood in ’n tou by ’n stemlokaal in Elandspoort, in die weste van Pretoria.Foto: Verskaf

Ochse is op die toneel dood verklaar, sê Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste.

“Hy het nog gesê hy gaan flou word en toe sak hy neer. Hy was ’n diabeet en hartpasiënt,” sê sy vrou, Erika (66).

Hulle het nie lank in die tou gestaan waar hulle in ’n stemlokaal in ’n parkie sou stem nie.

Ochse se wens vir die land was dat die veiligheid verbeter word om misdaad te verminder, sê Erika.

“Hy sou ook graag ’n meer gematigde regering wou hê wat vir al die groepe is. Hy was nie gelukkig oor wat die laaste ruk in die land aangegaan het nie.”

Sy beskryf haar man as ’n Samaritaan.

“Hy was ’n kalm, rustige mens. Hy het dikwels tussen my en gevaar ingestap, maar was nie ’n opsweper nie,” sê sy.

Die egpaar was 38 jaar getroud. Hulle het nie kinders van hul eie nie, maar wel ’n pleegdogter, Bronwyn Chambers.

Erika het op die ou end wel haar kruisie gaan trek.

Masego Sheburi, adjunkhoof van die Verkiesingskommissie (OVK), het die OVK se medelye met Ochse se familie op ’n mediakonferensie in die uitslagsentrum in Pretoria betuig.

* Nog ’n kieser is op verkiesingsdag dood, berig News24.

’n ANC-aktivis in die 70 is ’n paar treë van ’n stemhokkie in Gauteng dood, het die party Woensdag bevestig.

Die ANC het nie haar naam bekend gemaak nie.

Peters het gesê die vrou is dood by ’n stempunt by die Mqiniswa Primary School in Bophelong, Vanderbijlpark.

Meer oor:  Pretoria  |  Stemdag  |  Sterfgeval  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.