Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
OORSIG: Só lyk uitslae oornag

Stemme is deurnag getel en Netwerk24 bring jou die jongste nuus regstreeks. Volg die uitslae hier saam met ons (deurnag!) soos wat dit bekend gemaak is.

Wat jy tot dusver moet weet:

  • Die VF Plus het sy steun minstens verdubbel en dit lyk voorlopig asof konserwatiewe DA-ondersteuners dié keer vir die VF Plus gestem het. Lees: Groenewald die 'blaasvlam' vir VF Plus se groei.
  • Dit lyk na 'n uitgemaakte saak dat die DA die Wes-Kaap sal wen. Die ANC wys egter daarop dat groot stemdistrikte se uitslae nog uitstaande is en die uitslag kan swaai. Lees meer hier.
  • Die ANC sal na verwagting nie nasionale steun van 60% behaal nie. Lees: ANC sak terug tot skaars 57% – WNNR
  • Die EFF sê hy sal die 10%-kerf bereik wat hom in staat sal stel om (saam met ander partye soos die ANC) grondonteiening sonder vergoeding te verwesenlik.
  
Om 06:00 lyk die nasionale prentjie vir die topvyf so (verfris vir die jongste):
  

ANC 57,17%

DA 21,87%

EFF 10,07%

IVP 2,89% 

VF Plus 2,48%

Volg ons regstreekse dekking namate die uitslae deur die loop van Vrydagoggend inkom hier

10 Mei 06:01:28

Die ANC vaar teen 06:00 met 31,8% van die steun die swakste in die Wes-Kaap sedert 1994.

So lyk die ANC se uitslae in vorige algemene verkiesings sedert 1994:

*1994 - 33,6%

*1999 - 42,62%

*2004 - 46,28%

*2009 - 32,86%

*2014 - 34,00%

10 Mei 05:51:43

Wat jy deurnag gemis het

- Die ANC sal waarskynlik nie die 60%-kerf bereik nie en daar word verwag dat die party 57% van die stemme op hom sal verenig.

- Die EFF lyk tans sterk en glo hulle sal 10% van stemme op hom verenig.

- Dit sal dan die proses van grondonteiening sonder vergoeding verwesenlik as dié twee partye 67% behaal en saamwerk, iets wat Floyd Shivambu, EFF-onderleier, reeds laat gisteraand aan Netwerk24 bevestig het.

- Die VF Plus het verras met meer as dubbel die aantal stemme as in 2014.

- Patricia de Lille se GOOD-party doen goed vir 'n nuwe party, maar het nog net 0,5% van die stemme getrek.

- Cope se steun het ook tot dusver afgeneem. Dié party het tans 0,29% stemme.

- Die IVP lyk of dit die titel van amptelike opposisie by die DA in KwaZulu-Natal gaan afrokkel.

- Die DA vaar oor die algemeen swakker as in die vorige verkiesing. Benewens KwaZulu-Natal, lyk dit of die party nie die Noord-Kaap of Gauteng gaan verower waarop hulle gehoop het nie. Dit blyk ook die VF Plus het van hul kiesers afgerokkel.

- Die BLF het nog net meer as 11 000 stemme (0,09%) gekry.

10 Mei 05:32:52

DA sak terug

Die DA vaar tans swakker as in die uitslag van die 2014-verkiesing.

Teen 05:30 het die 21,83% van die kiesersteun gehad.

In 2014 het die party 22,23% van die steun gehad.

Die ANC vaar nog swakker.

In 2014 het die regerende party 62,15% van die kiesersteung gehad, maar teen 05:30 het die ANC net 57,21% van die steun op hom verenig.

10 Mei 04:51:23

Teen 04:30 is die ANC met 57,13% van die kiesersteun die voorloper in die nasionale verkiesing sowel as in 8 van Suid-Afrika se 9 provinsies.

Die DA lê tweede met 21,93% van die steun, gevolg deur die EFF (10,05%) die IVP (2,88%) en die VF Plus (2,47%).

Vir elk van die provinsies lyk die kiesersteun teen 04:35 so:

Wes-Kaap: DA - 51,68%, ANC - 31,8%, EFF - 4,17, VF Plus - 2,94%

Noord-Kaap: ANC - 57,99%, DA - 24,65%, EFF - 9,57%, VF Plus - 3,32%

Oos-Kaap: ANC - 68,91%, DA - 15,35%, EFF - 7,65%, UDM - 2,34%

Vrystaat: ANC - 63,90%, DA - 16,38%, EFF - 10,89%, VF Plus - 3,89%

Noordwes: ANC - 64,31%, EFF - 17,10%, DA - 10,86%, VF Plus - 3,9%

Gauteng: ANC - 53,61%, DA - 24,23%, EFF - 13,2%, VF Plus - 4,08%

Mpumalanga: ANC - 71,25%, EFF - 11,7%, DA - 9,5%, VF Plus - 2,85%

KwaZulu-Natal: ANC - 54,06%, DA - 15,62%, IVP - 15,52%, EFF - 9,05%

Limpopo: ANC - 76,91%, EFF - 12,78%, DA - 5,57%, VF Plus - 1,79%

10 Mei 04:18:21

Teen 04:10 was 73,76% van stemdistrikte in Suid-Afrika klaar getel.

Die persentasie stemdistrikte wat per provinsie klaar getel was, lyk so:

Wes-Kaap - 94,05%

Noord-Kaap - 97,74%

Oos-Kaap - 90,13%

Noordwes - 92,27%

Gauteng - 55,11%

KwaZulu-Natal - 61,17%

Mpumalanga - 87,25%

Limpopo - 56,6%

10 Mei 04:09:04

Die NFP wat in die 2014-verkiesing 1,57% van die nasionale steun gekry het, het Vrydag teen 04:00 ses keer minder steun gehad (0,27%). 

In 2014 het die NFP 6,43% van kiesersteun in KwaZulu-Natal gehad. Teen 04:00 was sy steun in dié provinsie egter net 1,28%.

10 Mei 04:01:02

Dinge lyk ook nie goed vir Agang SA nie. 

Dié party het in 2014 altesaam 52 350 (0,28%) stemme gekry, maar staan tans op net 9 403 (0,08%).

Die party met die minste stemme tans is die National People's Ambassadors (NPA) met 1 203 (0,01%) stemme.

10 Mei 03:50:43

ANC steek 57%-kerf verby

Nadat die ANC se kiesersteun heel oggend die 57%-kerf wou-wou verbysteek, het die ANC teen 03:45 altesaam 57,07% van die steun op hom verenig.

Die regerende party hoop om so ná as moontlik aan 60%-kiesersteun of meer te kry.

In dieselfde stadium was die DA in die tweede plek met 22,01% van die steun.

Altesaam 73,5% van stemdistrikte is klaar getel.

10 Mei 03:38:50

Die ANC se steun in KwaZulu-Natal het teen 03:30 tot onder 54% gedaal, tot 53,86%.

Soos sake nóú staan, wys die DA (15,8%), die IVP (15,6%) en die EFF (9,01%) sterk groei in vergelyking met die uitslae van die 2014-verkiesing.

In 2014 was die uitslag: ANC - 65,31%, DA - 13,35%, IVP - 10,17%, EFF - 1,97%.

Die IVP loop in KwaZulu-Natal voor in agt stemdistrikte.

Meer oor:  Stembriewe  |  Verkiesing2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.