Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
OORSIG: Min kiesers stem in W-Kaap, sê OVK
Volg die jongste amptelike nuus ná afloop van die stemdag hier soos die Verkiesingskommissie (OVK) dit bekend maak.
08 Mei 23:12:19

Dit is die einde van die nuuskonferensie.

08 Mei 23:11:46

Rasskeiding in Wellington:

Wat bewerings van rassediskriminasie in Wellington betref, sê Sampson hy was geskok toe hy op sosiale media sien wit en swart kiesers het glo in aparte rye gestaan. 'n Ondersoek het egter getoon dat studente by die stempunt opgedaag het en 'n aparte ry is vir hulle geskep om nie die ander kiesers op te hou nie. Sampson sê dié verduideliking is bevredigend, maar dit dui op die mag van sosiale media om mense se mening te beïnvloed.

08 Mei 23:08:23

In die Wes-Kaap word 'n swak opkoms van kiesers verwag, al is die finale getalle  nog nie bevestig nie. Volgens Sampson kan 'n mens nie anders verwag met die reënweer nie, maar dit sal nie die enigste faktor wees nie.

08 Mei 23:02:22

SA sal Saterdag weet

Sampson sê die finale uitslag word Saterdag bekend gemaak en enige uitslae wat tot dan verskyn, is onbevestig.

08 Mei 22:58:51

Dit is ook onaanvaarbaar dat die ink by stempunte glo maklik van kiesers se duime verwyder kon word, maar Sampson sê mense moet nie aanneem dat dit algemeen voorgekom het en 'n wesenlike uitwerking op die uitslae sal hê nie.

08 Mei 22:56:40

Volgens Sampson was die vervoer van stembriewe na lokale waar dit opgeraak het 'n uitdaging omdat dit onder polisiebegeleiding gedoen moet word. Die feit dat stembriewe opgeraak het, word daaraan toegeskryf dat talle mense nie gestem het by die lokaal waar hulle geregistreer is nie. In die Kaapstadse Burgersentrum was daar 'n bykomende 4 000 kiesers waarvoor eenvoudig nie beplan kon word nie, noem Sampson as 'n voorbeeld.

08 Mei 22:51:57

Courtney Sampson, OVK-voorsitter in die Wes-Kaap, sê hoewel daar nie so iets soos 'n perfekte verkiesing is nie, het stemdag in dié provinsie meestal glad verloop, behalwe vir 'n paar struikelblokke, soos 'n tekort aan stembriewe op plekke.

08 Mei 22:49:13

Courtney Sampson, OVK-voorsitter in die Wes-Kaap, spreek die media toe in die provinsiale uitslagsentrum in Century City, Kaapstad. Foto: Malherbe Nienaber

08 Mei 22:45:24

Ferlon Christians, die ACDP se provinsiale leier, sê ondanks voorvalle van beweerde swak organisasie, waar stembriewe reeds die oggend by sommige stempunte opgeraak het, het die stemdag vlot verloop.

08 Mei 22:44:04

Meer oor:  Stembriewe  |  Verkiesing2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.