Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Sal niks help om Reserwebank te nasionaliseer – Mbeki

Oudpres. Thabo Mbeki waarsku dat die land “niks daarby sal baat vind” deur die Reserwebank (SARB) te nasionaliseer nie aangesien die koste daarvan om die individuele aandeelhouers uit te koop, verdere druk op die fiskus sal plaas.

Mbeki het Dinsdag tydens ’n rondstap-verkiesingsveldtog by die ANC se stalletjie by die Randse Paasskou in Johannesburg Suid-Afrikaners aangemoedig om vir die ANC te stem. Hy het ook verduidelik hoe moeilik dit vir hom was om gedurende die ampstyd van sy opvolger, oudpres. Jacob Zuma, vir die ANC stemme te werf.

Hy het die ekonomiese trajek bevraagteken wat die ANC onder Zuma se bewind ingeslaan het, maar ook die voorgenome nasionalisering van die SARB.

“Ek weet tot vandag toe nog nie wat enigiemand sal baat uit die nasionalisering van die Reserwebank nie, behalwe om te sê dat ons (dit) genasionaliseer het,” sê Mbeki.

“Niks sal verander ten opsigte van die gedrag van die Reserwebank nie. Ek persoonlik kan nie sien wat daardeur bereik sal word nie.”

“Sou ’n mens besluit om die Reserwebank te nasionaliseer en die 2 000 aandeelhouers uit te koop, dan weet ek nie waar die geld vandaan sal kom nie. Om geld weg te lei wat jy nodig het om skole, klinieke en so meer te bou om dié aandeelhouers uit te koop? Om watter rede?”

Mbeki steun die ANC-oudstryders se besware oor die regerende party se verkiesingslys, waarop die name verskyn van ’n aantal leiers wat by staatskaping geïmpliseer word.

Mbeki sê die ANC behoort dié kwessie te bekyk.

“Ek dink die ANC-oudstryders was reg om dit op te haal. Die ANC het sy eie strukture en soos julle weet is die hele lys aan die integriteitskomitee van die ANC oorhandig wat daarna gekyk het en sy eie sieninge het,” sê hy.

“Daardie sieninge van die integriteitskomitee sal nie geheim bly nie. As die komitee sê hulle dink nie Thabo Mbeki is geskik om ons in die parlement te verteenwoordig nie, dan is dit ’n verklaring deur die integriteitskomitee, maar dis ook ’n verklaring aan die mense van Suid-Afrika.”

Mbeki sê verder dat partylede wat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, die Mphati-kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die kommissie van ondersoek na onbehoorlikhede by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geïmpliseer word, nie “verskoon kan word” op sterkte daarvan dat hulle ANC-lidmaatskapskaarte dra nie.

Meer oor:  Nasionalisasie  |  Verkiesing 2019  |  Thabo Mbeki  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.