Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
‘Snorre’ staan agter ‘tannie Pat’

Patricia de Lille se Good het Woensdag ’n hupstoot gekry toe die gewese Bok-afrigter Peter de Villiers sy gewig agter haar verkiesingsveldtog ingegooi het.

Good het op Twitter ’n video geplaas waarin De Villiers sê De Lille is ’n beginselvaste leier wat ’n geskiedenis het om korrupsie te beveg. Hy moedig daarom mense aan om in die verkiesing vir Good te stem.

Peter de Villiers / Foto: Gallo Images

De Villiers sê Suid-Afrika sal ’n grootse nasie wees as die waarde van alle mense, ongeag ras, erken word.

’n Paar twieters het sy steun aan De Lille verwelkom.

De Lille, die voormalige burgemeester van Kaapstad, het die party in 2018 gestig nadat sy en die DA vir 18 maande lank in ’n stryd gewikkel was.

Die DA het haar daarvan beskuldig dat sy niks aan korrupsie in Kaapstad doen nie en De Lille het beweer sy is uitgewerk omdat sy die ongeregtighede van apartheid in die stad se beplanning wou uitwis.

Sy was voorheen die leier van die Onafhanklike Demokrate, wat met die DA saamgesmelt het.

Sy het onlangs ’n beslissing in die verkiesingshof teen die DA bekom nadat die DA in ’n verkiesingsveldtog gesê het sy is afgedank weens korrupsie.

Die verkiesingshof het De Lille gelyk gegee dat sy nooit afgedank is nie en beveel dat die DA haar om verskoning vra.

Die DA het by die hof aansoek gedoen dat die besluit hersien word. Daar is nog nie uitspraak gegee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.