Die brand van buitebande, skole en eiendom gaan niks daartoe bydra om van die ANC-regering ontslae te raak nie.

Die EFF-leier Julius Malema.Foto: Felix Dlangamandla
So meen Julius Malema, leier van die EFF, wat Maandag ’n skare mense in Enseleni, KwaZulu-Natal, toegespreek het.
Volgens Malema is die enigste manier om van die ANC ontslae te raak deur vir die EFF in die algemene verkiesing te stem.
“Jy hoef nie eens ’n EFF-T-hemp aan te hê nie. Jy kan net stilletjies vir die EFF stem,” het hy voorgestel.
Die EFF-leier besoek vandeesweek verskillende gebiede in KwaZulu-Natal om stemme te werf in die aanloop tot die verkiesing op 8 Mei.
In sy toespraak het hy meestal oor grondonteiening sonder vergoeding, die afname in die persentasie BTW vir armoedeverligting en die toeganklikheid van gesondheidsorg in gemeenskappe gepraat. Hy het sy ondersteuners aangeraai om vir sy party te stem indien hulle resultate wil sien.
“Stem vir die EFF omdat die EFF nie bang is vir wit mense nie, maar vry is om kwessies te pak. Ná 8 Mei sal daar werkgeleenthede wees,” het Malema die skare belowe.