Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Kyk net hoe stem Suid-Afrikaners in buiteland!

Presies 25 jaar sedert die eerste demokratiese verkiesing, sal bykans 30 000 Suid-Afrikaners in die buiteland Saterdag hul stemme in die 2019- nasionale verkiesing uitbring.

Dié 29 334 Suid-Afrikaners wat die goedkeuring van die Verkiesingskommissie (OVK) het om in die buiteland te stem, sal hul kruisies by hoë kommissariate, ambassades en konsulate oor die wêreld heen trek.

Sodra hulle gestem het, word hul stemme in ’n dubbele koevert verseël en alle stembriewe word in verseëlde diplomatieke sakke geplaas wat oor die komende week na die nasionale kantoor van die OVK teruggestuur sal word.

Dié kiesers moet hul Suid-Afrikaanse ID-dokument (groen strepieskode-ID-boek, ID-slimkaart of tydelike ID-sertifikaat) én ’n geldige paspoort saam met hulle bring.

“Sodra hulle gestem het, word hul stemme in ’n dubbele koevert verseël en alle stembriewe word in verseëlde diplomatieke sakke geplaas wat oor die komende week na die nasionale kantoor van die OVK teruggestuur sal word.

stem
Tara (25), Poulina (19) and Høgni Jacobsen (28) van Durbanville in Kaapstad het by die ambassade in Kopenhagen gestem. Hulle sê die ervaring was aangenaam aangesien dit goed georganiseerd was en die stemproses vinnig verloop het. Poulina kon vir die eerste keer in haar lewe stem en die personeel het vir haar hande geklap toe sy klaar is. Zindzi Mandela, oudste dogter van wyle Madiba en Winnie Madikizela-Mandela en tans die ambasadeur in Kopenhagen, het self hul vingers met ink gemerk.

“Ná afloop van die stemmery op 8 Mei in Suid-Afrika, sal die oorsese stembriewe deur verkiesingsbeamptes oopgemaak word, getel en by die nasionale stembrieftelling vir elke party in die nasionale verkiesing gevoeg word. Dit vind plaas onder die toesig van waarnemers en party-agente. Oorsese kiesers stem slegs in die nasionale en nie die provinsiale verkiesing nie,” lui ’n verklaring wat Vrydag op die OVK se webtuiste geplaas is.

Die stemmery word deur Suid-Afrikaanse diplomate behartig wat deur die OVK as verkiesingspersoneel opgelei is – hoewel ’n aantal senior beamptes van die OVK ook ontplooi is by besige stempunte soos Londen en in Dubai.

Die tien buitelandse missies met die meeste kiesers is Londen (9 084), Dubai (1 542), Den Haag (1 355), Canberra (1 195), Abu Dhabi (1 061), Wellington (927), Dublin (817), Kinshasa (797), New York (605) en Doha (566).

* Die OVK het vroeër aangekondig dat hy ingestem het om die stemtye op 27 April by vier buitelandse missies te verleng om Joodse kiesers te akkommodeer wat die Sabbat vier.

Die vier missies – in Londen, Tel Aviv, Los Angeles en New York – sal ook Saterdag oop wees: In Londen en Tel Aviv sal dit oop wees tussen 07:00 - 23:30, en in New York en Los Angeles tussen 07:00 - 23:00 (plaaslike tyd by die missies).

Die besluit is geneem ná ’n versoek deur die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes om Joodse kiesers te akkommodeer wat die Sabbat op 26 en 27 April vier.

Die ANC sowel as die DA het Suid-Afrikaners oorsee aangemoedig om te stem.


stem
Dié groepie Suid-Afrikaners het Saterdagoggend by die Suid-Afrikaanse ambassade in Bern, Switserland, hul stemme vir die algemene verkiesing op 8 Mei uitgebring. Van links is Chris Joubert, Johann van der Merwe (met baba, Anita), Antoinette van der Merwe en Johan Malan. Foto: Christel Beukes








bangkok
Suid-Afrikaners tot so ver as Bangkok het ook gestem.

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Suid-Afrika  |  Buiteland  |  Stembus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.