Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
VERKIESING 2019: Uitslae van Ipsos se finale peiling

Ongeag wat die opkoms in Woensdag se algemene verkiesing gaan wees, is dit steeds die ANC wat die meeste voordeel sal trek.

Dit is een van die sleutelbevindings van die marknavorsingsfirma Ipsos se finale verkiesingspeiling wat Dinsdagoggend bekend gestel is.

Luidens die peiling – wat veral op scenarios van stemopkoms gefokus het – blyk ANC-ondersteuners in die geval van ’n lae opkoms steeds die meeste daartoe verbind te wees om te gaan stem en sal dit daarom veral die regerende party se steun verhoog.

“In die geval van ’n goeie stemopkoms, sal dit ook die ANC wees wat suksesvol was om kiesers, wat andersins nie sou gestem het nie, te oortuig om te gaan stem. Daarom sal sowel ’n swak as goeie opkoms by die stembusse tot die ANC se voordeel wees.”

Luidens die peiling glo ook net 33% van geregistreerde kiesers dat die land in die regte rigting beweeg. “Meer as die helfte (52%) sê die land beweeg in die verkeerde rigting,” het die peiling bevind.

*Lees Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Uitslae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.