Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
VERKIESING 2019: Uitslag op 11 Mei bekend gemaak

Suid-Afrikaanse kiesers sal teen Saterdag 11 Mei die uitslag van die verkiesing weet nadat hulle op Woensdag 8 Mei hul kruisies getrek het. Teen 15 Mei sal hulle weet wie hul verteenwoordigers vir die volgende vyf jaar is.

So het Mawethu Mosery, adjunkhoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie (OVK), Maandag by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria op ’n voorverkiesingsinligtingsessie gesê.

Mosery sê van die 48 politieke partye wat aan die nasionale verkiesing deelneem, neem die meeste in Gauteng (46) deel en die minste in die Noord-Kaap (22) – die grootste verskil tot nog toe tussen die getal politieke partye wat in ’n provinsie aan die verkiesing deelneem.

Inligting oor spesiale stemme, die nuwe uitleg van die stembrief om bedorwe stemme te verminder, asook die logistieke reëlings vir 8 Mei, volg binnekort.

Op nasionale en provinsiale vlak beveg altesame 76 partye die verkiesing namens 18 000 individuele kandidate.

Die getal geregistreerde kiesers het tot 26,7 miljoen toegeneem van die 25,14 miljoen in die 2014- nasionale verkiesing. Dis net minder as 80% van die totale kiesersbevolking. Volgens Mosery is dié getal hoog vir ’n land waar kiesers op ’n vrywillige grondslag registreer om te stem, maar hy erken dat meer as 80% ideaal sou wees.

Wat betref ouderdomsgroepe het 90% van kiesers tussen die ouderdom van 40 en 80 jaar geregistreer, met net 18% van jong kiesers tussen 18 en 20 jaar wat geregistreer is.

Mosery sê die OVK verwag dat tussen 72% en 74% van geregistreerde kiesers op 8 Mei hul kruisies sal trek.

Daar is sowat 14 000 geregistreerde kiesers in gevangenisse.

Daar is sowat 14 000 geregistreerde kiesers in Europa, waarvan 9 000 in Londen woon, gevolg deur 1 542 in Dubai en 1 355 in Den Haag in Nederland.

Simon “Sy” Mamabolo, hoofbeampte van die OVK, moes volgens Mosery inderhaas na Europa reis om te gaan planne beraam om die groot aantal kiesers by die onderskeie Suid-Afrikaanse ambassades te akkommodeer.

Inligting oor spesiale stemme, die nuwe uitleg van die stembrief om bedorwe stemme te verminder, asook die logistieke reëlings vir 8 Mei, volg binnekort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.