Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Verkiesing 2019: Vandag se stories

Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is watvandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:

Ace: Ek het niks verkeerd gesê

“Daar is niks verkeerd met wat ek gesê het nie,” het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gesê oor sy opmerkings die naweek in Philippi, Kaapstad, dat mense nie weer hul stem “op die wit man” moet “mors” nie.

ANC-veterane vaar uit teen Ace ná ‘rassistiese’ uitlatings

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, het Saterdag in Philippi in Kaapstad “ANC-ondersteuners aangehits om op rassistiese wyse hul stem uit te bring”. So sê die ANC se veterane. “Dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het die veterane Sondag in ’n verklaring gesê. In Magashule se toespraak, wat op eNCA uitgesaai is, verwys Magashule na die DA as “umlungu” (wit mense) en moedig mense aan om nie vir die party te stem nie omdat dit ’n “wit party” is.

'Politikus' Erik Holm hard aan die werk

Ten spyte van die opdraandepad om skenkings vir sy liefdadigheidswerk te kry, gee die werk wat hy vir die Good-party doen, hom opnuut hoop vir die toekoms van die land, sê Erik Holm, voormalige Binnelandersakteur.

“Ons Erik saam met ons Schaumburg-jeug,” skryf Vivien Law by dié foto wat sy in Februarie vanjaar op haar Facebook-profiel geplaas het. Foto: Facebook
Facebook

Pretorianers sê hul sê oor verkiesing

Pretorianers het uiteenlopende menings oor die komende verkiesing op 8 Mei

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.