Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Verkiesing: Doen só aansoek vir spesiale stem

Geregistreerde kiesers wat nie op 8 Mei met die algemene verkiesing kan stem nie, kan van Donderdag 4 April tot en met 18 April aansoek doen om op 6 en 7 Mei spesiale stemme uit te bring.

Daar is twee kategorieë vir kiesers in Suid-Afrika om spesiale stemme te kan uitbring.

Die eerstekategorie is vir kiesers wat nie op 8 Mei by die stembus kan uitkom nie omdat hulle fisiek verswak is, gestremd is, of swanger.

Beamptes van die Verkiesingskommissie (OVK) sal dié kiesers wat kwalifiseer op 6 Mei by hul huise besoek sodat hulle tuis kan stem. Indien nodig, sal dit ook op 7 Mei kan gebeur.

Hulle kan die OVK se webtuiste besoek en daar ’n aansoekvorm invul.

Dié vorms kan ook per hand ingehandig word by die naaste OVK-kantoor. Geen e-pos of fakse sal aanvaar word nie, sê die OVK.

Sowat 29 000 Suid-Afrikaners in die buiteland het ook reeds vir die verkiesing geregistreer. Dié wat ’n spesiale stem wil uitbring, moes reeds voor 13 Maart daarvoor aansoek gedoen het.

Dié vorms mag wel deur iemand anders as die aansoeker by die OVK-kantoor afgelewer word.

Die tweede kategorie is vir mense wat nie op 8 Mei sal kan stem nie, onder meer omdat hulle op verkiesingsdag (wat ’n openbare vakansiedag is) moet werk.

Dié wat kwalifiseer, kan op 6 en 7 Mei tussen 09:00 en 17:00 by die stemlokaal waar hulle geregistreer is, gaan stem.

Dié kategorie van kiesers kan die volgende doen:

* Stuur ’n SMS met jou ID-nommer na 32249 (R1 per SMS);

* Doen hier aansoek; of

* Vorms wat op bogenoemde webtuiste bekom is, kan per hand by jou naaste OVK-kantoor ingedien word. Geen e-pos en fakse sal aanvaar word nie.

Die OVK sê alle aansoekers sal ’n SMS ontvang nadat hul aansoeke verwerk is.

Jy kan hier kyk hoe jou aansoek vorder.  

* Sowat 29 000 Suid-Afrikaners in die buiteland het ook reeds vir die verkiesing geregistreer. Dié wat ’n spesiale stem wil uitbring, moes reeds voor 13 Maart daarvoor aansoek gedoen het.

Die geregistreerde kiesers in die buiteland sal op 27 April by Suid-Afrikaanse afvaardigings hul stemme uitbring.

Meer oor:  Ovk  |  Spesiale Stemme  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.