Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Vermiste DA-stemme by HS Sentraal in Bfn glo gevind

Die vermiste DA-stemme van ’n stemlokaal by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein is uiteindelik opgespoor.

Die voorsittende beampte van dié stemlokaal het glo die regte uitslagkaart aan die provinsiale verkiesingskommissie gegee nadat die Verkiesingskommissie (OVK) die DA se 1 234 nasionale stemme daar aanvanklik tot “nul” verminder het.

Itumeleng Liba, bestuurder van die Verkiesingskommissie (OVK) in die Vrystaat. Foto: Netwerk24

Werner Horn, veldtogvoorsitter van die DA in die Vrystaat, sê Itumeleng Liba van die OVK in die Vrystaat het hom ingelig dat hy die korrekte uitslagkaart gekry het.

Volgens Liba het die verkiesingsbeampte die regte uitslagkaart gaan haal waar hy dit glo by die Hoërskool Sentraal opgeplak het.

Horn sê hoewel dit vir hom verdag klink, is hy bly vordering word gemaak.

“Volgens Liba sal ’n volledige verslag nou aan die nasionale kommissaris gestuur word. Hy is glo die enigste mens in die OVK wat kan opdrag te gee dat die amptelike uitslae op die verkiesingskommissie se stelsel reggemaak word.”

Horn sê hy wag intussen nog op die OVK om te hoor of strafregtelike klagte ingedien gaan word oor die “verneukspul”. As dit nie gebeur nie, sal die DA self ’n klagte indien.

Werner Horn, die DA se verkiesingshoof in die Vrystaat.

Horn sê Liba beweer landwyd word sewe sulke voorvalle ondersoek. Sodra dit afgehandel is, sal terugvoer aan die DA gegee word.

“Ons doen ons bes, maar die DA het ons eers ná die sluiting van die stembusse en -tellery oor die kwessie ingelig. Die nasionale kommissaris moet nou help om die getalle reg te kry.”

Liba sê die ondersoek is nog nie voltooi nie. As dit blyk dat daar bedrog was, sal ’n strafregtelike klag beslis ingedien word.

Kate Bapela, nasionale woordvoerder van die OVK, sê Liba kan net namens sy eie provinsie praat. “Sover ek weet, het ons die ander gevalle in ander provinsies reeds hanteer en opgelos.”

Sy ondersoek steeds die beweerde voorval waar ’n tuinwerker van Mosambiek glo sonder ’n identiteitsdokument in Suid-Afrika gestem het nadat die ANC aan hom ’n ID-dokument beloof het.

“Die man werk weer Saterdag by die vrou wie se telefoonnommer ek het. Ek sal hom bel om te hoor hoe dit gebeur het.”

Heloïse Jordaan

Intussen is navrae oor die voorval wat Dinsdag aan Pule Mabe, nasionale ANC-woordvoerder, gestuur is, nog onbeantwoord.

Mabe het Dinsdag gesê hy sal nie dadelik kan antwoord nie omdat hy in ’n vergadering is. Hy is Woensdag ook drie keer gebel, maar het elke keer die telefoon doodgedruk.

Martie Smit, wat by die Hoërskool Sentraal gaan stem het, sê het agtergekom daar is fout met die DA se uitslae by die stemlokaal. Sy het prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid, toe daaroor ingelig.

“Ek meen daar moet baie meer van die kwessie gemaak word. Dit is nie net die DA se stemme wat nie getel is nie, maar ander partye soos die VF Plus en EFF se stemme is ook by sommige lokale weg en is nie getel nie.”

* Intussen het die VF Plus in Bloemfontein laat weet by minstens drie punte in die stad is sy stemme verkeerd of glad nie getel nie.

Heloïse Jordaan, provinsiale koördineerder van die VF Plus in die Vrystaat, sê Wouter Wessels en sy vrou, Tammy, nou albei LP’s, asook personeel van die party, het by die Laerskool Brebner gestem, maar daar is slegs een provinsiale stem getel.

Sy sê by die stemtent in NP van Wyk Louw-straat in Langenhovenpark is sowat 400 nasionale stemme vir die VF Plus uitgebring, maar geen enkele provinsiale stem is daar getel nie.

Dieselfde scenario het hom ook by die tent in Wynand Moutonrylaan in Universitas afgespeel.

“Ons het ook in Tweeling klagte gekry dat kiesers daar vir ons gestem het, maar daar is glad nie stemme vir die party by die spesifieke stemlokaal getel nie.”

Jordaan sê klagte is tydens die stemmery by die OVK ingedien. Die OVK het Dinsdag in die munisipale skakelkomitee gesê die omstandighede word ondersoek.

Hulle sal in die provinsiale skakelkomitee vir al die partye ’n verslag sal gee.

Meer oor:  Hoërskool Sentraal  |  Bloemfontein  |  Vf Plus  |  Verkiesing 2019  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.