Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Werkers se belange in ANC se hande, sê Mkhize

Dit is net die ANC wat die belange van die werkersklas kan bevorder en hul lewe kan verbeter.

Dit was Woensdag die boodskap van Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in sy toespraak op ’n Werkersdag-byeenkoms van Cosatu in ’n volgepakte Wolfson-stadion in Port Elizabeth.

Zweli Mkhize op Cosatu se Werkersdag-saamtrek in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Die ANC in die Nelson Mandelabaai-metro het hulle by Cosatu se vieringe aangesluit.

Mkhize sê Werkersdag het sy oorsprong in die bloed, sweet en trane van miljoene werkers.

“Die stryd van werkers is gelykstaande aan die stryd vir vryheid. Talle werkers het gesterf vir ons demokrasie.

“Ons wil vandag hulde bring aan al dié werkers sowel as die werkers wat daagliks nog leiers in hul werkplekke is.”

Hy het die werkers van al die vakbonde in die land aangemoedig om op 8 Mei hul kruisies vir die ANC te trek.

Die ANC-regering maak voorsiening vir veilige werkomgewings, hulle voorsien die werkers van die nodige hulpbronne en goeie lone, en hulle maak seker dat daar nie diskriminasie in die werkplek is nie, meen Mkhize.

Hy het die skare gemaan om nie deur die opposisiepartye mislei te word nie.

“Ons moet fokus op nasiebou. Die belange van die werkersklas is in die hande van ’n ANC-geleide regering.”

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Zweli Mkhize  |  Port Elizabeth  |  Anc  |  Werkersdag  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.