Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
EFF
BLITSGIDS: Economic Freedom Fighters (EFF)
EFF

Die Economic Freedom Fighters (EFF) is in 2013 deur Juluis Malema, voormalige leier van die ANC-jeuliga, en ander as 'n radikale anti-kapitalistiese, anti-imperialistiese beweging gestig.

Die party posisioneer homself as 'n platform vir die Suid-Afrikaanse jeug om te veg vir die regte van werkers en om na ekonomiese vryheid te streef.

Die party is ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding, die nasionalisering van myne, banke en ander strategiese ekonomiese sektore asook gratis onderwys, behuising, gesondheid en sanitasie.

Die EFF het vir die eerste keer in 2014 aan die nasionale en provinsiale verkiesing deelgeneem en nasionaal 6,35% van die stemme ontvang.

Hulle het in die vyfde parlement 2014-2019 bekendheid daarvoor gewerf dat hulle nie skroom om die sittings van die NV ter ondersteuning van hul saak te ontwrig nie.

Ná die toetrede van die party se 25 LP’s tot die Nasionale Vergadering NV) is hulle op verskeie geleenthede – soms hardhandig - fisiek deur lede van die parlement se beskermingsdienste uit die raadsaal verwyder.

KONTAKBESONDERHEDE

Webtuiste: www.effonline.org

Telefoon:  Tel: 011 403 2313

E-pos: admin@effighters.org.za

Facebook: @economicfreedomstruggle

Twitter: @EFFSouthAfrica 

Straatadres: H/v De Korte & De Beer-strate 78, Mineralia-gebou, Braamfontein

Posadres:H/v De Korte en De Beer-strate 78, Mineralia-gebou,Braamfontein, 2001

VORIGE VERKIESINGS

1999-verkiesing: N/A

2004-verkiesing: N/A

2009-verkiesing: N/A

2014-verkiesing 6,3% (25 setels) 

PARTYLEIER: JULIUS MALEMA

Julius Malema

Julius Sello Malema is op 3 Maart 1981 in Seshego, Limpopo gebore. 

Hy was 'n leerling aan die Mohlakaneng Secondary School in Limpopo en het sy politieke loopbaan op 'n jong ouderdom begin. Hy is op 14-jarige ouderdom as die voorsitter van die ANC-jeugliga se tak in Seshego sowel as  die streekleier in 1995 verkies.

Hy het twee jaar later die voorsitter van die Congress of South African Students (Cosas) in Limpopo geword en is in 2001 tot die nasionale president van Cosas verkies.

Hy was van 2008 tot 2012 die president van die ANC-jeugliga tot sy skorsing uit die party in April 2012. Hy het in 2010 'n twee jaar diploma in jeugontwikkeling deur Unisa behaal en hom in 2011 vir 'n BA-graad in kommunikasie en Afrikatale by Unisa ingeskryf. Hy het in Maart 2016 gegradueer.

Bronne: People's Assembly / SA History Online

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.