Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UDM
BLITSGIDS: United Democratic Movement (UDM)
UDM

United Democratic Movement (UDM) is in September 1997 in die World Trade Centre in Kempton Park deur Bantu Holomisa, voormalige leier van die Transkei-tuisland, prominente voormalige leier in die Nasionale Party, Roelf Meyer (wat sedertdien uit die party bedank het), en John Taylor, voormalige ANC-lid, gestig. 

Holomisa is as die party se eerste president op die eerste kongres in Junie 1998 verkies.

Bron: www.udm.org.za

KONTAKBESONDERHEDE

Webtuiste: www.udm.org.za

Telefoonnommer: 012 321 0010

E-pos: reception@udm.org.za

Facebook: @udm.rsa

Twitter: @UDmRevolution

Posadres: Posbus 26290, Pretoria, 0001

VORIGE VERKIESINGS

1999-verkiesing: 3,42% (14 setels)

2004-verkiesing: 2,28% (9 setels)

2009-verkiesing: 0,85% (4 setels)

2014-verkiesing: 1% (4 setels)

 PARTYLEIER: BANTU HOLOMISA
Bantu Holomisa

Afgetrede maj.genl. Bantubonke (Bantu) Holomisa was in 1997 die medestigter van die UDM en dien tans as die partyleier.

Hy is die voormalige bevelvoerder van die weermag in Transkei en was van 1987 tot 1994 die hoof van die Transkeise regering (voormalige tuisland) tot die demokratiese verkiesing in 1994. Holomisa het die Transkei-afvaardiging na die Kodesa onderhandelinge gelei.

Hy het met die totstandkoming van die regering van nasionale eenheid as adjunkminister van omgewing en toerisme gedien.

Hy is in 1996 uit die ANC geskop nadat hy voor die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) oor die aktiwiteite in die Transkei getuig het. Hy het geweier om sy getuienis terug te trek en geargumenteer dat wat hy getuig het historiese kennis vir alle betrokkenes was.

Bron: South African History Online

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Udm  |  Bantu Holomisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.