Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
7 nuwe reekse op Via in 2018

Onderwerpe van landbou tot leënes-sindroom word in sewe splinternuwe programme verken wat van Januarie op die Afrikaanse leefstylkanaal Via (DStv-kanaal 147) te sien sal wees.

In Daar doer, wat op 8 Januarie begin, word niksvermoedende kinders wat ver van hul ouers af woon met kos van die huis af verras. Die program bekyk die verhoudings tussen ouers en kinders – en die één gereg wat daardie band kenmerk. Dit word Maandae om 18:00 uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 16:30.

Noodlig, ’n nuwe werklikheidsprogram op Via, volg paramedici na tonele waar hulle lewens red. Foto: Verskaf

Landbouweekliks, met Ivor Price as aanbieder, begin op 9 Januarie. Price rol sy moue op en ontmoet van die mees besondere boere in Suid-Afrika. Dié program is in vennootskap met Landbouweekblad geskep en word Dinsdae om 19:30 uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 17:30.

Radio Raps se komedie-werklikheidsprogram is vanaf 12 Januarie ook op Via te sien. Die Radio Rap Show word aangebied deur Jonathan (Rikus de Beer) en hy takel onderwerpe op ’n vars en skreeusnaakse manier. Dit word Vrydae om 20:00 uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:00.

Genoeg, wat op 15 Januarie begin, volg een persoon se maande lange gewigsverliesreis – binne net 30 minute. Die deelnemers word bygestaan deur ’n paneel kenners wat hulle sal help om die uitdaging nie net fisiek nie, maar ook geestelik aan te pak. Dit word Maandae om 17:30 uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 15:00.

Op die maatsoek-en-kosprogram Ete vir twee het mense wat hul lyf graag Kupido wil hou, die geleentheid om twee van hul enkellopende vriende wat mekaar nie ken nie op ’n romantiese afspraak te stuur.

Trippe, trappe, tone is ’n danskompetisie vir kinders wat deur Bianca le Grange aangebied word. Altesaam 12 junior danspaartjies gaan weekliks die dansvloer probeer tem. Brandon Eilers Le Riche van Strictly Come Dancing-faam en die ballerina Diani Gernandt is die beoordelaars. Dit word vanaf 17 Januarie op Woensdae om 17:00 met heruitsendings op Sondae om 14:00 uitgesaai.

Op die maatsoek-en-kosprogram Ete vir twee het mense wat hul lyf graag Kupido wil hou, die geleentheid om twee van hul enkellopende vriende wat mekaar nie ken nie op ’n romantiese afspraak te stuur. Maar daar is ’n kinkel: Kupido moet gasheer speel en kook terwyl die twee enkellopendes die koskritici moet wees. Dit word vanaf 23 Januarie op Dinsdae om 18:00 uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 22:00.

Die werklikheidsprogram Noodlig, wat op 31 Januarie begin, bied ’n blik op die doen en late van ’n span ER24-paramedici. Nege paramedici in ambulanse word na tonele gevolg waar hulle veg om lewens te red. Dit word Donderdae om 21:00, met heruitsendings op Sondae om 22:00, uitgesaai.

Meer oor:  Via  |  Vermaak  |  Werklikheidsreeks  |  Landbouweekliks  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.