Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
ZZ Top-baskitaar-speler (72) sterf in sy slaap

Dusty Hill, die Amerikaanse rockgroep ZZ Top se baskitaarspeler, is Woensdag by sy huis in Houston, Texas, in sy slaap dood. Hy was 72 jaar oud.

Dusty Hill sal benewens sy musiek vir sy kenmerkende baard en donkerbril onthou word. Foto: Getty Images

Die BBC berig Hill het hom vroeg in Julie weens ’n heupbesering van beplande vertonings met ZZ Top onttrek, maar geen ander besonderhede oor sy gesondheid of sy dood is nog bekend nie.

Billy Gibbons en Frank Beard, wat meer as 50 jaar saam met Hill in ZZ Top musiek gemaak het, sê in ’n verklaring op Instagram hulle gaan hul geliefde “amigo” baie mis.

“Ons gaan jou standvastige teenwoordigheid, jou goeie geaardheid en die monumentale grondslag wat jy ‘Top’ gebied het saam met ’n legio ZZ Top-aanhangers dwarsoor die wêreld mis.”

Hill, ook ’n sanger en klawerbordspeler, het ZZ Top in 1969 saam met Gibbons en Beard begin. Hulle sou eindelik saam 15 ateljeealbums, vier regstreekse albums, agt kompilasiealbums en twee kortalbums uitreik, onder meer Tres Hombres (1973), Fandango! (1975), The Best of ZZ Top (1977), Degüello (1979), Eliminator (1983), Afterburner (1985), Recycler (1990) en Antenna (1994).

The New York Times berig meer as 50 miljoen van hul albums is wêreldwyd verkoop.

Van hul mees geliefde snitte sluit in “Tube Snake Boogie” (1981), “Gimme All Your Lovin’ ” (1983), “Legs” (1984), “Sleeping Bag” en “Stages” (albei in 1985), “Doubleback”, “Concrete and Steel” en “My Head’s in Mississippi” (al drie in 1990), “Give It Up” (1991), “Pincushion” (1994) en “What’s Up With That” (1996).

Keith Richards van die Rolling Stones het Hill saam met die res van ZZ Top in 2004 in die Rock & Roll Hall of Fame ingehuldig.

Hill word deur sy vrou, die aktrise Charleen McCrory, en vermoedelik een dogter oorleef.

  • Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met ’n bykomende bron: news.sky.com
Meer oor:  Keith Richards  |  Rolling Stones  |  Rock  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.