Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
1ste Sanctuary-boekfees Saterdag in Klerksdorp

Die eerste Sanctuary-boekfees word Saterdag gratis in Klerksdorp gehou.

Dit word in samewerking met die Christelike radiostasie Life FM en NB-Uitgewers aangebied.

Dana Snyman Foto: Adrian de Kock
Fanie Viljoen
Susan Coetzer

Stefaans Coetzee en Ferdie Swanepoel reël dié fees, waarin 23 skrywers optree.

Dit sluit in Dana Snyman, Fanie Viljoen, Cecilia Steyn, Jana Marx, Annerle Barnard, Susan Coetzer, Johan Jack Smith en Zelda Bezuidenhout.

“Ons droom is om die fees jaarliks aan te bied,” sê Coetzee, skrywer van die outobiografiese boek Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding.

“Ons wil dit natuurlik nie met ander feeste laat bots nie. Ons wil Klerksdorp en Noordwes ’n kunskultuur gee. Ons wil in die toekoms dit twee of drie dae lank aanbied, ook saam met ander kuns.”

Die skrywersgesprekke vind in twee lokale plaas op die perseel van die geskenkwinkel en restaurant From Shack to Sanctuary.

"Dit moet amper soos ’n familie wees. Ja, ons gaan jou boeke koop, maar ons wil ook saam met jou kuier.”

“Die nodige gesondheidsmaatreëls word toegepas,” sê Coetzee.

“Toegang sonder ’n masker word geweier en die besoekers se name word neergeskryf en hul koors geneem. Ons wil dit ook nie te vol hê nie.”

Swanepoel, eienaar van Life FM en Shack to Sanctuary, is die skrywer van die boek Die seuns van God, wat ook op die fees bekend gestel word.

Barend la Grange, bedryfshoof van South Africa Day, gesels om 12:00 met Snyman oor sy nuwe boek, Onder een dak, ’n keur uit sy vorige stories.

“Ventersdorp (Snyman se tuisdorp) is naby aan Klerksdorp, so ons ag Dana as ’n plaaslike broer,” sê Coetzee.

“Ons wil hê die lesers en skrywers moet sosialiseer. Hulle sal vertel van die paaie wat hulle geloop het voordat hulle gepubliseer en bekend geword het. Dit moet amper soos ’n familie wees. Ja, ons gaan jou boeke koop, maar ons wil ook saam met jou kuier.”

• Toegang tot die fees is gratis en dit duur Saterdag van 09:00 tot 16:00. Besoek die fees se Facebookblad of bel Stefaans Coetzee by 063 133 5759 en Ferdie Swanepoel by 083 232 9453 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.