Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
2 SA skrywers op kortlys vir gesogte kortverhaalprys
Die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer Zoë Wicomb is die voorsitter van die beoordelaars. Foto: Dawid Roux
Die Oos-Kapenaar Masande Ntshanga is op die kortlys met “Space”, wat in 2014 in die publikasie Twenty in 20 verskyn het. Foto: Verskaf

Twee skrywers wat in Suid-Afrika gebore is, is op die kortlys vir die Caine-prys vir skryfwerk van Afrika.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer Zoë Wicomb, voorsitter van die beoordelaars, het dié kortlys van vyf verhale bekend gemaak.

Luidens die kompetisie se webwerf is die Oos-Kapenaar Masande Ntshanga op die kortlys met “Space” wat in 2014 in die publikasie Twenty in 20 verskyn het.

F.T. Kola is in Suid-Afrika gebore, in Australië getoë en nou, nadat sy in Londen en New York gewoon het, studeer sy nagraads aan die Michener Center for Writers aan die Universiteit van Texas in Austin. “A Party For The Colonel” is haar eerste gepubliseerde kortverhaal. (Dit het in die New Yorkse publikasie One Story verskyn.)

Ook op die kortlys is ’n vorige wenner en twee skrywers wat tevore benoem is:

Segun Afolabi van Nigerië is op die kortlys met “The Folded Leaf” wat in 2014 in Wasafiri verskyn het. Afolabi was in 2005 die wenner met “Monday Morning”.

Elnathan John, ook van Nigerië, is benoem vir “Flying” wat in 2014 in Per Contra verskyn het. In 2013 was John ook op die kortlys. Die Zambiese skrywer Namwali Serpell is op die kortlys vir “The Sack” wat in 2014 in Africa39 verskyn het. Snell was in 2010 op die kortlys.

Die wenner ontvang ’n prys van R185 000. Die naam van die wenner sal op 6 Julie in Oxford bekend gemaak word. Elke skrywer op die kortlys ontvang R9500.

Elkeen van die stories sal gepubliseer word in die New Internationalist se Caine Prize 2015-bloemlesing in Julie. Besoek die ​amptelike webruimte om die verhale op die kortlys te lees.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.