Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
2 romans van Irma Venter nou oorsee uitgereik
Irma Venter

Die wêreldregte op die Suid-Afrikaanse skrywer Irma Venter se uiters gewilde S-reeks, Skoenlapper (2012) en Skrapnel (2013), is pas bekom.

Dit gaan deur Amazon Crossing, ’n druknaam van Amazon Publishing, uitgegee word.

Die veelbekroonde vertaler Elsa Silke is verantwoordelik vir die vertaling daarvan.

Hard Rain sal vroeg in 2020 verskyn, terwyl Shrapnel teen Oktober 2020 gepubliseer sal word.

Amazon Publishing is ’n toonaangewende uitgewer van fiksie, niefiksie en kinderboeke met kantore oor die wêreld heen, en Amazon Crossing is hul druknaam wat fokus op vertaalde letterkunde.

Die redaksiehoof, Gabriella Page-Fort, hoop om Venter as ’n internasionaal gerekende misdaadskrywer te vestig. “Ek dink ons gehoor sal aanklank vind by hierdie boeke (Skoenlapper en Skrapnel) en sal ’n goeie plek wees om Irma Venter as ’n internasionale handelsnaam te begin bou.”

Hierdie nuus volg op die plaaslike uitreiking van die Engelse weergawes van Venter se jongste misdaadromans, Sirkus en Sondag, onderskeidelik vertaal deur Elsa Silke (Circus) en Karin Schimke (Blue Sunday).

In ’n onlangse CapeTalk-resensie van Circus sê John Maytham dat hy veral beïndruk is met haar sterk vrouekarakters en boeiende intriges. “Sy het ’n wonderlike sin vir dialoog en ’n oog vir aksie. Haar boeke stu voort teen ’n meedoënlose pas. Ek het baie, baie daarvan gehou.”

Irma Venter word algemeen beskou as een van die topskrywers in die Afrikaanse misdaadgenre. Die vertaling van haar werk vergroot haar lesersgehoor en bied vir meer boekwurms die geleentheid om haar lekkerleesboeke te geniet.

Irma Venter word algemeen beskou as een van die topskrywers in die Afrikaanse misdaadgenre. Die vertaling van haar werk vergroot haar lesersgehoor en bied vir meer boekwurms die geleentheid om haar lekkerleesboeke te geniet.

Olga Wyngaard, hoof van kontrakte en regte by NB-Uitgewers, is verheug oor dié nuus. “Ek is werklik opgewonde oor hierdie wonderlike geleentheid vir Irma. Die geleentheid maak dit moontlik dat haar wêreldklas-spanningsverhale internasionaal geniet en gewaardeer kan word. Dit was ook ’n noemenswaardig aangename ervaring om saam met die Amazon Crossing-span aan die onderhandelings vir hierdie ooreenkoms te werk.”

Die skrywer is self opgewonde oor die jongste verwikkeling. “As skrywer wil ’n mens graag jou storie aan soveel mense moontlik vertel. ’n Mens skryf vir ’n gehoor en enige kans wat jy kry om die gehoor groter te maak, is voorwaar wonderlike nuus. Ek is dankbaar vir die fantastiese ondersteuning wat my boeke in Suid-Afrika kry, en ek hoop die S-reeks sal dieselfde ondersteuning oorsee geniet. Dankie aan Human & Rousseau, NB-Uitgewers en Amazon Publishing wat die ooreenkoms moontlik gemaak het.”

Venter is ’n joernalis by ’n mediamaatskappy in Johannesburg. Sy het in 2012 die Siemens Profile-prys vir haar skryfwerk oor wetenskap en tegnologie ontvang. Sy het ook ’n ATKV-Woordveertjie vir ’n spanningsverhaal ontvang vir Skoenlapper. Die ander romans in die reeks is Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017) en Sondag (2018) – almal blitsverkopers uitgegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

* Inligting is verskaf deur NB-Uitgewers.

Meer oor:  Irma Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.