Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
2 van Naudé se gedigte in Duitse bloemlesing opgeneem

Hy weet nie of dit ’n “big deal” is nie, maar twee van die digter Charl-Pierre Naudé se gedigte is onlangs in die Duitse poësiebloemlesing Jahrbuch der Lyrik gepubliseer.

Dié jaarlikse publikasie bevat werk van prominente hedendaagse Duitse digters, maar dit sluit ook enkele vertaalde gedigte in.

Charl-Pierre Naudé Foto: Alet Pretorius

Hy sê dit is die vyfde of sesde bloemlesing waarin sy werk verskyn. Sy werk verskyn ook soms op die Duitse literêre webblaaie.

Die twee gedigte is “Kontinu/ diskontinu (ars poetica)” en “Tydens onluste”, wat onderskeidelik in Naudé se digbundels Al die lieflike dade (2104) en Die nomadiese oomblik (1995) verskyn het.

Dit is deur die Duitse digter Sylvia Geist vertaal.

“Ek het Sylvia ontmoet deurdat sy van my werk vertaal het nog voordat ek in 2014 in Berlyn gaan woon het as skrywer in residensie van die Berlynse kunstenaarsprogram.

“Ek het intussen begin belang stel in Sylvia se werk, ondanks my slegte Duits, en ek beskou haar as een van die grootsste lewende Duitse digters (ek gebruik die woord 'groots’ nie ligweg nie). En ek sê dit nie net omdat ons mekaar langs die pad op vriendskaplike voet leer ken het nie. Sy is briljant. So ek is bevoorreg. En sy is ’n groot aanhanger van my werk.”

Van Naudé se gedigte is vantevore deur die Duitse skrywer Ulrike Draesner in Duits vertaal.

“Ek het haar ook in Duitsland leer ken, en ook saam met haar na die Ooste getoer saam met ’n groep Duitse digters.”

Meer oor:  Charl-Pierre Naudé  |  Poësie  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.