SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Boeke
2 wen Bookerprys en maak geskiedenis
Margaret Atwood en Bernardine Evaristo is die gesamentlike wenner van die Booker-prys Foto: David M. Benett

Die oudste skrywer nog en die eerste swart vroueskrywer het die Bookerprys gewen. Die Kanadese skrywer Margaret Atwood en die Brit Bernardine Evaristo is gesamentlik aangewys as die wenner van die gesogte Booker-prys

Met die stap oortree die Bookerprys sy eie reëls en tradisies.

Atwood wen vir The Testaments ’n vervolg van haar distopiese A Handmaid’s Tale wat in 1985 verskyn het en waarvan daar ’n bekroonde televisiereeks gemaak is deur Hulu en Evaristo wen vir haar boek Girl, Woman, Other. Die Bookerprys se reëls is in 1993 verander om te benadruk dat die prys nie gedeel mag word of nie toegeken word nie, berig CNN.

Dit is die derde keer in die geskiedenis dat die prys gedeel word - in 1974 het die Suid-Afrikaner Nadime Gordimer dit gedeel met Stanley Middleton en in 1992 het Michael Ondaatje dit met Barry Unsworth gedeel. In 1993 is die reëls aangepas wat een wenner benadruk. Op 79-jarige ouderdom is Atwood die oudste skrywer om die prys te ontvang. Dit is haar tweede Bookerprys - sy het in 2000 gewen vir haar roman Blind Assassin.

“Daar is aan ons gesê dat ons nie die reëls mag oortree nie, daar mag net een wenner wees,” sê Peter Florence, hoof van die Booker-beoordelaars.

“Die konsensus was dat ons die reëls oortree en die prys aan twee skrywers toeken,” het hy aan The New York Times gesê.

Evaristo, het in haar ontvangstoespraak gesê dat die eer (om die eerste swart vrou te wees) hopelik nie lank sal geld nie. Girl, Woman, Other word as ’n eksperimentele roman beskryf en handel oor 12 karakters, die meeste van hulle swart, Britse vroue en hul leefruimte in Brittanje. Dit is Evaristo, ’n Brit, se agtste roman. The Testaments is ’n voortsetting van A Handmaid’s Tail in handel oor drie vroue se lewe in Gilead, wat deur ’n outokrasie regeer word. Die prys beloop nagenoeg $63 000.

Meer oor:  Letterkunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.