Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
3 Afrikaanse skrywers op kortlys
Francois Smith

Drie Afrikaanse skrywers is vanjaar op die fiksiekortlys vir die Sunday Times Literary Awards.

Francois Smith, SJ Naudé, sowel as Harry Kalmer, is benoem vir die Barry Ronge-prys. Smith vir sy boek The Camp Whore (Tafelberg), vertaal deur Dominique Botha, Naudé vir The Third Reel (Umuzi) en Kalmer vir A Thousand Tales of Johannesburg (Penguin).

“Wat ’n lekker verrassing! En ek dink ’n triomf vir vertaling,” het Smith gesê.

Die Afrikaanse weergawe van Naudé se boek, Die derde spoel, wat hyself vertaal het, is onlangs ook met die Universiteit van Johannesburg se prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans bekroon.

SJ Naudé

Soos Naudé het Kalmer ook self sy teks, ’n Duisend stories oor Johannesburg, vertaal.

Die ander skrywers op die kortlys vir die Barry Ronge-prys is Maxine Case met Softness of the Lime (Umuzi) en Lesego Rampolokeng met Bird-Monk Seding (Deep South Publishers).

Africa Melane, voorsitter van die keurpaneel, sê die skrywers op dié lys help ons in ons soektog na die waarheid wat dikwels ongemaklik en onthutsend kan wees.

“Daar is stories van liefde en verlies, van lewens wat nog nie behoorlik gelewe is nie en wat vergete is.

Harry Kalmer

“Ons geskiedenis vertel van gebroke harte en pyn, en ons leer hoe om ons verlede in ons siele saam te dra.

“Die polsende are van ons stede word in sy naaktheid blootgelê deur diep persoonlike vertellings en daar is ’n vreesloosheid in hoe omstrede onderwerpe gepak word.

“Die werk het ’n mens tot nadenke gestem, was onverskrokke en by tye steurend kragtig.

“Elke lees was besonder verrykend.”

Die kortlys vir die Alan Paton-prys vir niefiksie is:

Kingdom, Power, Glory – Mugabe, Zanu and the Quest for Supremacy, 1960-1987 deur Stuart Doran (Sithatha Media/Bookstorm); No Longer Whispering to Power – The Story of Thuli Madonsela deur Thandeka Gqubule (Jonathan Ball); Always Another Country: A Memoir of Exile and Home deur Sisonke Msimang (Jonathan Ball); The Man Who Founded the ANC: A Biography of Pixley ka Isaka Seme deur Bongani Ngqulunga (Penguin); en Colour Me Yellow: Searching For My Family Truth deur Thuli Nhlapo (Kwela).

Die wenners ontvang elk R100 000 en sal na verwagting op Saterdag 23 Junie in Johannesburg bekend gemaak word.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.