Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
3 misdaadskrywers se ink word saam op Naln-muur droog

Dit is min dat drie gewilde Afrikaanse misdaadskrywers se ink op een muur droogword.

Dit is presies wat Vrydag in Bloemfontein gebeur het toe Chris Karsten, Deon Meyer, en Rudie van Rensburg, almal oud-Volksbladders, onder in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) se ketelkamer bymekaar gekom het om die skrywersmuur te onderteken.

Chris Karsten, Deon Meyer en Rudie van Rensburg voor die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein. Die skrywers is hier vir ’n gesprek Saterdagoggend met Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, in The Blue Gem by Prellerplein. Foto: Cheréne Pienaar

Die skrywers is in Bloemfontein vir ’n gesprek Saterdagoggend om 10:00 met Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, in The Blue Gem-restaurant by die Prellerplein-sentrum.

Elkeen hét al jare terug die muur geteken toe hul boeke hier bekend gestel is, maar hierdie geleentheid was net te besonders om hulle nie sáám te laat teken op die muur onder die trap nie, sê Annelien Diedericks, museum-geesteswetenskaplike van Naln.

Bloemfontein en Volksblad lê elk van die drie skrywers na aan die hart.

Meyer sê hy het by dié koerant leer skryf en lees dit steeds aanlyn.

“Ek is baie nostalgies oor Volksblad, dit is steeds my koerant.”

Chris Karsten, Deon Meyer en Rudie van Rensburg voor die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln in Bloemfontein. Foto: Cheréne Pienaar

Die belangrikste vaardigheid wat hy hier geleer het, sê hy, is om inligting te kry en om mense te nader vir onderhoude.

Al sy manuskripte word by Naln gehou, asook sy navorsingstukke oor bloeddiamante wat tot die boek Spoor en die daaropvolgende televisiereeks Trackers, wat tans op M-Net wys, gelei het.

Toe PG du Plessis sy boeke destyds aan die museum geskenk het, is Rudie van Rensburg se skuilnaam ontbloot in ’n boek in dié vonds wat hy aan Du Plessis as geskenk gegee het. Van Rensburg het voor in die boek Die begrafnis, ’n drama geskryf deur ene Phil Jansen, ’n brief aan Du Plessis geskryf en só is die aap uit die mou gelaat.

Hy was skugter daaroor, want al die verbeteringe wat in dié boek gemaak moes word, is nooit deurgegee nie.

“Toe druk hulle die tweede laaste weergawe. Dit is toe ’n boek met ’n moerse klomp foute. Gelukkig het mense nie geweet ek was Phil Jansen nie.”

Sy ma, Christa, word in Februarie 96 jaar oud en woon steeds in haar huis in Bloemfontein.

Karsten, wat onlangs terug na Suid-Afrika uit Kanada verhuis het, was hoofsubredakteur toe Van Rensburg in die 1980’s ’n joernalis by Volksblad was en het later as nuusredakteur gewerk.

Karsten sê hy het baie na sy dae by Volksblad verlang toe hy destyds as nuusredakteur by Rapport in Johannesburg begin werk het.

* Volgens Leana Lategan, hoofvakkundige van Naln, is die kaartjies vir Saterdag se boekgesprek reeds ’n week gelede uitverkoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.