Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
4 SA boeke pryk op Dublin-langlys

Vier Suid-Afrikaanse boeke het die langlys van die Internasionale Dublin-letterkundeprys gehaal.

“Die lys is gegrond op benoemings deur biblioteke van oor die wêreld heen,” sê Carolyn Meads, uitgewer by Kwela Boeke. “Dit geskied heeltemal onafhanklik van die uitgewers. Dis wat dié prys so uniek maak. Titels word op grond van hul hoë literêre waarde benoem.”

Twee van die skrywers, Cynthia Jele en Kirsten Miller, is Suid-Afrikaans gebore.

Jele se boek The Ones with Purpose en Miller se boek The Hum of the Sun, is benoem.

Albei boeke is deur Kwela Boeke uitgereik.

Die skrywer Ijangolet S Ogwang, wie se boek An Image in a Mirror (Black Bird Books) benoem is, is in Kenia gebore.

Sue Nyathi, wat in Bulawayo in Zimbabwe gebore is en grootgeword het, se boek The Gold Diggers is deur Pan Macmillan uitgereik.

Die langlys bestaan uit 156 titels, waarvan boeke deur twee vorige wenners van die Nobelprys ook op die lys pryk, die Poolse skrywer Olga Tokarczuk en die Australiese skrywer Peter Handke.

Tokarczuk het in 2018 die Nobelprys met haar boek Flight gewen. Sy is ook met dié boek vir die Man Bookerprys (deesdae die Bookerprys) benoem. Haar boek Drive Your Plow Over the Bones of the Dead is vir die Dublin-prys benoem.

Handke het vanjaar die Nobelprys met The Great Fall gewen. Dit is ook die roman wat op die Dublin-prys se langlys verskyn.

Die kortlys word op 2 April aangekondig en die wenner op 10 Junie. Die Amerikaanse skrywer Emily Ruskovich is verlede jaar met haar debuutroman, Idaho, as die wenner aangewys.

* Al die titels wat vir die prys benoem is, is in Dublin se openbare biblioteke beskikbaar om uit te neem.

Meer oor:  Boeke  |  Nobelprys Vir Letterkunde  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.