Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
4de reeks van ‘Ek wou nog sê . . .’ begin op Via

Hoewel die regisseur Christo van der Westhuizen aanvanklik bang was dat die Via-poësieprogram Ek wou nog sê . . . geen aftrek sou kry nie, begin die vierde reeks daarvan volgende week.

“Dit bly maar ’n nismark. Natuurlik verwag ek nie om die kykertalle van Idols te kry nie,” sê Van der Westhuizen.

Daniel Hugo, aanbieder van ‘Ek wou nog sê . . .’ op Via. Foto: Via

“Die eerste reeks het taamlik goed gevaar en in die tweede reeks het die kykertalle verdubbel. Dit verhoog met elke reeks.

“Die belangstelling daarin is eintlik merkwaardig. Ek het al interessante oproepe gekry van mense wat die reeks binge watch.”

Dit begin op 14 Desember om 19:30. Die digter Daniel Hugo is weer die aanbieder.

Avbob borg die reeks.

In die nuwe reeks gesels digters soos Johan Myburg, Johann de Lange en Antjie Krog. Die wenners van die eerste, tweede en derde prys in die afgelope jaar se Avbob-poësiekompetisie verskyn in die eerste episode: Maretha Maartens, Maritha Broschk en Hannes Visser.

“Johan Myburg was voorheen ook op die program,” sê Van der Westhuizen, “maar hy het intussen die Hertzogprys gewen. ’n Mens moet dit in ag neem. In die nuwe reeks verskyn drie Hertzogpryswenners (De Lange en Krog is die ander twee).

“Digters is eintlik skugter wesens. So dis ’n juweel om hulle te hoor praat. Avbob kry dit reg om ’n oudiovisuele argief op te bou wat nêrens anders bestaan nie.”

Van der Westhuizen meen Hugo is die gepaste aanbieder.

“Hy ken die fabrieksgeheime van poësie,” sê Van der Westhuizen oor Hugo.

Van der Westhuizen het by Hugo aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) klas gehad.

Daniel Hugo Foto: Via

Hugo het ook in die 1980’s op radio bekend geword.

“As jy net gewoon met hom gesels kan hy vinnig intertekste uitwys. Hy is op die hoogte van publikasies. Hy gee nie net om vir sy eie werk nie, maar is ook bedag op ander digters se werk.”

Die reeks beoog om poësie toeganklik vir almal te maak.

“Dit is nie net ’n ding vir die elite nie,” sê Van der Westhuizen.

“Poësie moet geskryf word, maar ook gelees word.”

Ek wou nog sê . . . word Maandae (van 14 Desember af) om 19:30 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Meer oor:  Poësie  |  Via  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.