Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
5de W.A. Hofmeyr-prys vir Eben Venter
Eben Venter Foto: Stephen Fourie

Die skrywer Eben Venter wat Donderdag die vyfde keer die W.A. Hofmeyr-prys vir fiksie ontvang het, het nooit verwag dat sy roman Groen soos die hemel daarbo ooit ’n prys sou wen nie omdat die inhoud daarvan “onder die belt” is.

Venter verken in dié roman moderne seksualiteit, intimiteit en identiteit.

“Die onderwerpe in my romans is gewoonlik polemies van aard, maar hierdie keer het ek seksualiteit aangepak. Ek wou dit een keer só benader en nou sal ek nie weer nie.”

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter.

Venter, wat in Australië woon, het geslaap toe Tertius Kapp, wat sy redakteur vir die boek was, aan hom die boodskap gestuur het dat hy die prys gewen het. Normaalweg hou hy sy foon ver van sy bed af wanneer hy gaan slaap.

Venter is voorheen met dié prys bekroon vir Foxtrot van die vleiseters (in 1994), Ek stamel ek sterwe (1997), Begeerte (2004) en Santa Gamka (2010).

Groen soos die hemel daarbo is die boek waarop Venter nog die meeste lesersreaksie ontvang het.

Green as the Sky Is Blue verskyn later vanjaar by Penguin.

“Ook vroue het aan my geskryf dat hulle kan identifiseer daarmee omdat dit so universeel is. Baie jong mans het ook met my gekorrespondeer. Hulle wou die gesprek tussen die terapeut en die protagonis (wat deurgaans in die boek gevoer word) eintlik voortsit. Daar is ’n openlikheid aan die inhoud van die boek.”

Volgens Venter beklee die W.A. Hofmeyr-prys, wat die eerste keer in 1954 toegeken is, ’n belangrike plek in die Afrikaanse letterkunde.

“Dit is ’n baie lekker prys om te ontvang. Dit behels nie noodwendig baie geld nie, maar dit het ’n bepaalde waarde. Dit is ’n goue eier, of ’n veertjie.”

Die Engelse vertaling van Groen soos die hemel daarbo, Green as the Sky Is Blue, verskyn in Augustus by Penguin.

Meer oor:  Eben Venter  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.