Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
6 gekies om manuskripte te slyp
Valda JansenFoto: Jaco Marais

Die skrywers André Trantraal, Beyers de Vos, Olivia M. Coetzee, Sarie Nell, Valda Jansen en Veronique Jephtas is gekies vir vanjaar se Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans se skrywersresidensie-program in Paulethuis, Somerset-Oos.

Die fokus van die program is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie, sê Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel-stigting.

“Ons aanvanklike beplanning was om die suksesvolle aansoekers op Internasionale Boekedag (23 April) aan te kondig, maar in hierdie tyd van inperking en beproewing is dit belangrik om ook goeie nuus onverpoos te deel. Ons is baie opgewonde oor die sterk aansoeke en die uitgelese groep skrywers wat vanjaar van die residensie gebruik gaan maak,” sê hy in ’n mediaverklaring.

André Trantraal (regs) en op die voorgrond sy broer Nathan.Foto: Garth Stead

Die skrywersresidensie sal die skrywers in staat stel om van 1 tot 27 Julie vanjaar in die huis aan ’n manuskrip te slyp. Die stigting dek die koste van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe.

“Dit is vir PEN Afrikaans wonderlik om weer hierdie skrywersresidensie aan ons lede te kan bied. Baie dankie aan die Jakes Gerwel-stigting wat sulke gulde geleenthede vir skrywers moontlik maak,” sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans.

“Hier is opwindende skryfprojekte oor ’n verskeidenheid genres op pad en begaafde skrywers wat die konsepte tot volvoering kan bring. Ons hoop dat die skrywers hul verblyf in Somerset-Oos baie sal geniet en ten volle sal benut.”

Indien dit weens die Covid-19-pandemie nodig blyk te wees om die datums van die verblyf aan te pas, sal dit in oorleg met die aansoekers gereël word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.