Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
6 op kortlys vir ManBookerprys

Op die kortlys vir vanjaar se Man Bookerprys vir fiksie, een van die belangrikste skryfpryse in die Engelse skryfwêreld, is twee Britte, twee Amerikaners en twee Kanadese skrywers.

Die Britse skrywers is Deborah Levy vir Hot Milk en Graeme Macrae Burnet vir His Bloody Project, die Amerikaners is Paul Beatty met The Sellout en Ottessa Moshfegh met Eileen, en die Kanadese skrywers is David Szalay vir All That Man Is en Madeleine Thien wat vir Do Not Say We Have Nothing in aanmerking kom.

Luidens die mediaverklaring dek die romans uiteenlopende onderwerpe, van moord in 19de eeuse Skotland tot klassieke musiek gedurende die Chinese revolusie.

Amanda Foreman, voorsitter van die beoordelaarspaneel, sê dié ses boeke weerspieël die sentraliteit van die roman in die moderne kultuur deur die voortou te neem met onkonvensionele temas, die onbekende te verken en die pak van moeilike onderwerpe.

Die ses finaliste ontvang £2 500 (sowat R43 000) elk en die wenner £50 000 (sowat R900 000). Dit gaan uiteraard gepaard met waardevolle internasionale blootstelling.

Die Bookerprys is in 1969 ingestel en het wenners gelewer wat van die wêreld se topskrywers geword het, soos Salman Rushdie, Hilary Mantel, Iris Murdoch en Ian McEwan.

Vanjaar se Booker-wenner sal op 25 Oktober in Londen se Guildhall op ’n deftige geleentheid bekend gemaak word wat regstreeks deur die BBC uitgesaai sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.