Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
90 jaar se gebeure in Die Voortrekkers se gebeure nou te lees

Die Voortrekkers se verhaal is een van sente omdraai, moue oprol, vasbyt en hard werk.

Dit is van die talle eienskappe wat sy hoofleier dr. Danie Langner aan dié beweging se storie toedig.

Langner, Die Voortrekkers se tiende hoofleier sedert dit destyds deur dr. NJ van der Merwe gestig is, vertel die beweging se verhaal oor die dekades in sy boek Die Voortrekkers hou koers!

Dr. Danie Langner, hoofleier van Die Voortrekkers, teken een van sy boeke, Die Voortrekkers hou koers!, vir een van die gaste wat dié boekbekendstelling by die Voortrekkermonument bygewoon het.

Dié boek, saamgesnoer uit ’n omvattende bronnestudie, is Vrydag by die Voortrekkermonument in Pretoria bekend gestel. Hy het die boek verlede jaar te midde van die Covid-19-inperking geskryf, ter viering van die beweging se 90ste bestaan vanjaar.

Die bekende Daniëlla van Heerden, joernalis en eNuus-nuusleser, het die boekgesprek met Langner gelei en die sanger Pieter Smith het vermaak.

Luidens 'n verklaring van die beweging het Langner

hoofbestuursnotules, jaarblaaie, Voortrekkerliteratuur, en honderde foto’s met sy navorsing geraadpleeg. En natuurlik ook by huidige en oud-Voortrekkers kers opgesteek.

Dit is ’n storie met ’n oop einde wat vandag steeds geskryf word. Dankie vir elke Voortrekker wat oor negentig jaar help skryf aan die Voortrekkerstorie.

“Die kultuurstorie van Die Voortrekkers is ’n verhaal van vrywilligers wat hul vrye tyd gebruik om graadwielboeke, handleidings en ander literatuur te skryf. Geboue, spankamers en kampeerterreine het deur harde werk en innoverende denke ontwikkel tot spogprodukte,” sê Langner.

“Dit is ’n storie met ’n oop einde wat vandag steeds geskryf word. Dankie vir elke Voortrekker wat oor negentig jaar help skryf aan die Voortrekkerstorie.”

Die beweging sê Die Voortrekkers het oor dekades en geslagte bygedra tot die vorming van jong Afrikaners se kulturele karakter.

“Vandag is Die Voortrekkers ’n dinamiese en moderne kultuurorganisasie, relevant vir sy lede, maar steeds gewortel in waardes wat vasstaan sedert Die Voortrekkers se stigting in 1931”.

Langner het onder meer sy gesin en ouers bedank vir hul ondersteuning en betrokkenheid by Die Voortrekkers. – Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.