Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Aangrypende briewe gepubliseer
André P. Brink
André P. Brink
Die omslag van die korrespondensie tussen André P. Brink en Ingrid Jonker.

Die briewe tussen die skrywer André P. Brink en die digter Ingrid Jonker gaan in November vanjaar op die rakke wees.

Brink het die briewe tussen hom en Jonker drie maande voor sy dood vroeër vanjaar vir publikasie aangebied, luidens ’n mediaverklaring.

Fourie Botha, ’n uitgewer by Umuzi, sê die laaste keer dat hy Brink by sy huis besoek het, het Brink die briewe aan hom gewys. (Voor sy dood op 6 Februarie was Brink besig om aan ’n roman met die titel Goudstof te werk.)

“Die waarde van hierdie versameling is om te sien hoe twee van ons literêre helde as ’t ware lewend word op papier,” sê Botha.

“En ook om te sien hoe hierdie uitsonderlike twee mense ook maar net mense was.

“Hier kry ’n mens ook ’n binneblik op die literêre en politieke landskap van die 1960’s.

“Dit is aangrypende leesstof.”

Die briewe dateer van toe Brink en Jonker aan mekaar geskryf het toe hulle in die vroeë 1960’s ’n liefdesverhouding gehad het.

Jonker se oorspronklike briewe, saam met afskrifte van Brink se briewe aan haar, is langer as 50 jaar in die skrywer se studeerkamer bewaar, luidens die mediaverklaring.

Die gebundelde briewe word in Afrikaans uitgereik as Vlam in die sneeu.

Umuzi, ’n druknaam van Random ­House Struik, gee dit uit.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.