Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
André P. Brink deur ACT vir lewenswerk vereer
Die bekroonde skrywer André P. Brink. Foto: Antoine de Ras

Die skrywer André P. Brink, bekend om onder meer die romans Die Ambassadeur en Philida, is pas deur die Kuns- en Kultuurtrust (ACT) vir sy lewenslange bydrae tot die letterkunde vereer, aldus 'n mediaverklaring wat Woensdag uitgereik is.

Die kunstenaar Sam Nzima is vereer vir visuele kuns, die dirigent Richard Cock vir musiek en die teaterimpresario Richard Loring vir teater.

Mandie van der Spuy is vereer vir haar lewenslange bevordering van en voorspraak vir die kunste.

Die Kuns-en-Kultuurtrust vereer ook opkomende kunstenaars. 

Die benoemings word deur die publiek ingestuur en dit word beoordeel deur ’n span beroepslui in die kunste. 

Vanjaar se wenners is Jade Bowers vir teater, Thabo Makhetha-Kwinana vir ontwerp, Bevan de Wet vir visuele kuns en Nomfundo Xaluva vir musiek.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.