Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Ena Murray: Koningin van liefdesverhale sterf op 76
Ena Murray, die koningin van Afrikaanse liefdesverhale, is op 76 oorlede. Foto: Eugene Gunning
Een van die vele vrugte uit Ena Murray se pen. Foto: Argief
Ena Murray het in 'n loopbaan van 55 jaar 130 boeke die lig laat sien. Foto: Argief
'n Keur uit Ena Murray se verhale, die omnibus-reeks, was veral gewild onder lesers. Foto: Argief

Ena Murray, koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal, is Donderdag in die ouderdom van 76 oorlede.

Sy het om 04:05 in haar slaap by die Santos Haven-aftreeoord in Mosselbaai gesterf.

Steven de Kock, bestuurder van die aftreeoord, sê Murray is aan natuurlike oorsake dood.

“Dit was ’n rustige dood. Sy het geen pyn gehad nie.”

Murray en haar man, Jacques, het 18 jaar gelede by die aftreeoord ingetrek. Hy het omtrent vyf jaar gelede siek geword en by ’n siekeboeg by die aftreeoord ingetrek. Omdat sy hom nie alleen wou los nie, het sy ook daar ingetrek.

Hy is kort daarna oorlede.

Murray se familie het nog nie die begrafnisreëlings bekend gemaak nie.

Sy is in 2013 deur die ATKV met ’n oorkonde vereer.


Lees ook:

​Nobelpryswenner Günter Grass (87) sterf

​Terry Pratchett haak by Dood in en stap deur die deur

​Solly Ozrovech (88) sterf


Haar skrywersloopbaan strek oor 55 jaar en sluit die publikasie van meer as 130 titels in. Sy is al bestempel as die mees gelese skrywer in Afrikaans.

Murray is in 1936 op Loxton in die Karoo gebore.

Sy het ook 40 jaar lank daar gewoon en talle boeke daar geskryf.

Haar boeke het dikwels ’n mediese tema, maar sy het ook speur-, spioenasie- en avontuurverhale geskryf.

Sy het ook haar hand aan geestelike boeke en ’n digbundel gewaag.

Lisé (1960) was haar heel eerste roman. Dit is geskryf toe sy maar 14 jaar oud was en is tien jaar later gepubliseer.

MetMaanlig oor die Amasone (1966) het sy die eerste prys in ’n landwye vervolgverhaalkompetisie vanrooi rose gewen.

Ander bekende verhale uit haar pen is Plekkie in die son (1971), Waar die wilde besembos bloei (1973) en Vrou uit die nag (1973). Laasgenoemde twee is ook verfilm.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.