Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Fiksie
Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre
Donker spoor, Martin Steyn, LAPA, R214

’n Nuwe naam om dop te hou in die immergewilde misdaadspanningsgenre is dié van Martin Steyn, wie se debuutroman, Donker spoor, pas verskyn het.

Steyn se agtergrond in kriminologie en psigologie, waarin hy as deel van sy honneursstudie Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars en geweldmisdade bestudeer het, gee hom uiteraard geloofwaardigheid met betrekking tot kennis van sy onderwerp.

Maar hoe vaar Steyn as skrywer?

Donker spoor begin met die ontdekking van ’n hoërskoolmeisie se lyk naby Kaapstad. Dit lyk of sy opgehang is en dit herinner die patoloog aan ’n soortgelyke geval, wat die moontlikheid van ’n reeksmoordenaar opper. Dit word ao. Jan Magson, oftewel Mags, se taak om agter die kap van die byl te kom. Mags is ’n gebroke karakter, soos dit dikwels maar met polisiemanne in spanningsromans gaan. Hy verwerk nog sy vrou se dood en sy verhouding met sy seun is wanfunksioneel. Dit is egter clichés wat maklik vergewe kan word.

Ná ’n paar doodloopstrate in Mags en sy kollega Menck se ondersoek word die lyk van ’n tweede tienermeisie gevind en nóg twee verdwyn. Die tyd raak min, die spanning neem toe en die moordenaar se spoor word stelselmatig duideliker.

Ten spyte van die resepmatigheid in die genre lewer Steyn ’n stewige en oorspronklike debuut. – Riaan Grobler

Koop die boek hier. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.