Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Terry Pratchett haak by Dood in en stap deur die deur
Terry Pratchett

Die lang, baie maer man met die sekel en hol oogkaste het die kat eenkant toe geskuif en Terry Pratchett kom haal.

Pratchett (66) is Donderdag dood. Alzheimer se siekte (’n embuggerence) is sowat agt jaar gelede by hom ge­diagnoseer, maar hy het bly skryf. (Dis moontlik om nog blitsverkopers te skryf, al het jy demensie, like wot I do).

Hy het meer as 70 boeke geskryf, waarvan talle afspeel op Discworld, ’n plat aarde wat op olifante rus wat op ’n manjifiek enorme skilpad rus.

Dit is ’n wêreld waar die goeierige ou (almal het hul probleme) soms Dood se arm kan draai, towenaars aan verskillende grade van onbeholpenheid ly en sluipmoordenaars en diewe tot gildes behoort. Die humor verdoesel die skerp maatskaplike kommentaar, maar dit laat jou onbewustelik dink.

Al die tale waarin huldeblyke van lesers Donderdag op sy Facebook-blad geplaas is, wys hoe wyd hy mense geraak het.

Sy familie en die slapende kat was by hom toe hy dood is (in antieke tye is katte aanbid as gode – hulle het dit nooit vergeet nie).

Drie twiets is by sy dood gestuur.

In hoofletters, soos Dood gepraat het: Uiteindelik moet ons saam stap, sir Terry.

Toe: Terry het by Dood ingehaak en deur die deur gestap die swart woestyn in, onder die einde­lose nag.

En: Die einde.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.