Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Aansoeke ingewag vir Distell se tekskompetisie

Jong dramaturge kan nou inskryf vir Distell se nasionale tekskompetisie vir dramaturge. Die Nasionale Kunstefees en Distell het kragte saamgespan vir dié kompetisie wat ter ere van Adam Small, Afrikaanse dramaturg en akademikus, en sy vrou, dr. Rosalie Small, begin is.

Adam Small en sy vrou, Rosalie. Foto: Jeffrey Abrahams

Small word vereer vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse literêre, filosofiese en opvoedkundige landskap. Hy het in 2012 die Hertzogprys gewen vir sy drama-oeuvre.

Chase Rhys is die eerste wenner van die kompetisie en sy toneelstuk, Kinnes, het vroeër vanjaar gedebuteer op die US Woordfees. Die romanweergawe van die drama is pas deur Kwela Boeke gepubliseer – Kinnes, 'n Novelle.

Die wenner kry ’n kontantbedrag, asook ’n geleentheid om hul skryfwerk in ’n vollengte-teaterproduksie op die 2019- Nasionale Kunstefees in Makhanda (voorheen Grahamstad) op die planke te bring.

Die beoordelaars soek na stories wat diversiteit en inklusiwiteit in al die 11 amptelike tale aanmoedig.

Alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18 kan aansoek doen.

Kunstenaars moet ’n opsomming van ’n toneelstuk (tien bladsye) inhandig. Dit hoef nie ’n vollengte-toneelstuk te wees nie. Alle idees moet oorspronklik, ongepubliseerd en onvervaardig wees.

Vyf toneelstukke sal ontwikkel word. Dié ontwikkelingsfase sluit in slypskole, meesterklasse, asook mentorskap. Die teks wat wen, sal met ’n gepaardgaande produksiebegroting aangekondig word en sal debuteer op die hoofprogram op die Nasionale Kunstefees in Makhanda in Junie 2019.

* Aansoeke sluit op 30 November 2018 om 17:00 en mag aanlyn gedoen word by www.nationalartsfestival.co.za of stuur ’n e-pos na distellaward@nationalartsfestival.co.za.

Meer oor:  Distell  |  Adam Small  |  Chase Rhys  |  Boeke  |  Skryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.